Landbouweekblad

Hoëgehaltemelk hou melkproduksie lonend

Melkboergetalle in Suid-Afrika kwyn drasties namate groter produsente kleiner melkerye, wat nie kan tred hou met stygende produksiekoste en middelmatige produsentepryse nie, absorbeer. Tog meen mnr. Etienne Zeeman jr. van Leeurivier in Swellendam, wie se melkgehalte en vaste stowwe deurlopend onder die hoogste in Suid-Afrika is, dat sy hoëgehaltemelk in aanvraag sal bly.

In Zeeman se melkery is net minder as 400 Jersey-koeie in melk, en sy totale kudde bestaan uit sowat 700 diere.

“Die gehalte van die melk wat ek produseer, staan uit en gaan altyd in aanvraag wees. Ek pas ’n baie daadwerklike en nougesette telingsbeleid toe om maksimum gehalte en vaste stowwe te produseer, en daarvoor word ek ’n premie betaal. My melk is eksklusiewe Jersey-melk.”

Zeeman is feitlik deurlopend een van Lactalis (Parmalat) se drie topmelkverskaffers in Suid-Afrika wat gehalte, vaste stowwe en produsenteprys betref. ’n Premie word betaal vir gehalte, vastestofinhoud en melk waarvan die somatiese seltelling onder 400 000/ml melk is.

In 2020 is hy deur die Landbounavorsingsraad (LNR) aangewys as die produsent met die laagste somatiese seltelling (155 000/ml melk) in die land. Dit was ook die geval in 2017 en 2018. Zeeman sê hoewel talle boere die bedryf verlaat, styg melkbeesgetalle en -produksie namate die groter produsente nóg groter word.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related