Landbouweekblad

SÓ BEHAAL SUIWELMEESTER DRIEKUNS

Om tred te hou met moderne neigings en nuwe ontwikkelings in die landbou moet boere vandag voortdurend aanpas en vernuwe, anders raak hulle agter. Só meen mnr. JK Basson (52), wat in 2021 as SA Meestersuiwelboer van die Jaar aangewys is. Sedert hy dié trofee in 2017 die tweede keer gewen het, het talle vernuwings sy boerdery gekenmerk. Op Swartwater buite Darling, die tuiste van Ocean Breeze Holsteins, is Basson nederig oor sy derde aanwysing as landwye suiwelmeester (ook in 2007). Hy is ook in 2008, 2013 en 2016 as Wes-Kaapse Meestersuiwelboer aangewys.

Sowat 1 100 Holsteins uit die kudde van 2 450 vroulike diere is in melk. Hulle word in die vyf reuse-koeihuise gehuisves.

Koeigemak met gerieflike lêplekke vir elke dier vorm die kern daarvan. ’n Sesde “oopplan”-koeihuis is ook onlangs voltooi waarin gemiddeld 60 jong koeie wat ná kalf in melk is, vir 30 dae gehuisves word.

“Geen natuurlike weidingspraktyke word toegepas nie – ons koeie is volledig op ’n volvoerstelsel,” sê Basson.

SÓ WORD TELINGSBESLUITE HAARFYN GENEEM

Genomiese toetsing word sedert 2020

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related