Slim diversifikasie tem Klein-Karoo se probleme
Stygende produksiekoste en ’n dalende winsmarge skrik die Klein-Karooboer mnr. Hannes Nel nie af nie.
“Met noukeurige bestuur en betrokkenheid ís daar nog geld te maak met melk.”
Deur berekende veranderinge met speenbehandeling kon Nel, van die plaas Kroonfontein by Ladismith, die laagste somatiese seltelling in Suid-Afrika behaal, wat hom ook ’n gesogte eerbewys van die Landbounavorsingsraad (LNR) besorg het. Vyf jaar gelede was die somatiese seltelling van sy melk 400 000 selle per milliliter, en vandag ’n indrukwekkende 130 000 selle per milliliter.
“’n Kleiner melkboer soos ek sal egter beslis nie nét met melkboerdery kan oorleef nie. ’n Mens móét diversifiseer in hierdie ekstensiewe deel van die Karoo. Die een vertakking dra die ander in verskillende klimaatstoestande en deur droogtes.”
In droogtes, soos dié van 2016 tot 2019, het sy vrugte-, vee- en lusernvertakking die toe sukkelende melkvertakking deurgetrek.
“Ek pas die hoeveelheid koeie en verse wat ek melk, gedurig aan. Dit wissel van 80 tot hoogstens 150 Holsteins. Tans melk ek net meer as 100 koeie.”
Hy het 150 ha onder besproeiing waarop meestal lusern vir eie gebruik geplant word, en sowat 25 ha onder vrugteboorde – grootliks Bulida-appelkose, taaipitperskes en
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days