Landbouweekblad

Slakboerdery groei stadig, maar seker in SA

Hoewel ’n slak nie ’n skaaptjoppie of lekker steak kan vervang nie, groei die bedryf in Suid-Afrika só vinnig dat die handjie vol plaaslike slakboere net in sowat 25% van die vraag na dié delikatesse kan voorsien. Die meeste moet ingevoer word en baie moontlikhede vir uitbreiding bestaan.

Mnr. Johan Oelofse van die Goshen-slakplaas by Wildernis in die Suid-Kaap sê hul grootste afsetgebied is meestal groothandelaars en alle klasse restaurante reg oor die land. Botter en knoffel is steeds die gewildste manier om slakke voor te berei, maar deesdae raak die sjefs baie kreatief en bedien dit in pastas, risotto’s en selfs op pizzas.

Die vraag is egter so groot dat die sowat 60 plaaslike boere nie kan voorbly nie. Daarom voer Suid-Afrika gemiddeld 600 ton slakke in vir die plaaslike gasvryheidsbedryf. “Dit is seker nog 600 ton minder as wat die plaaslike behoefte is. Daar is slakboere in elk van die provinsies in Suid-Afrika. Ons het ook pas ’n slakplaas in Namibië begin.”

Oelofse, sy seun, Kyle, en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related