Plaastroues, grondpaaie en báie reën
Plaaspaaie word lank reeds nie meer deur die staat in stand gehou nie.
Daar bly vir plaasmense (en hul onthaallokale) dus slegs drie opsies oor. ’n Klein aantal bevoorregte boere het ’n skatryk buurman wat benewens sy vloot groen trekkers ook ’n verskeidenheid geel grondverskuiwingsmasjiene het. Hierdie gawe buurman hou die paaie rondom sy opstal en op pad dorp toe in stand, soos snelweë.
Die volgende groep boere span saam en maak self hul paaie met hul eie trekkers en sleepwaens reg. Soms, ná groot reën, raak dit ’n verlore stryd en moet ’n professionele padbouer ingeroep word. Só ’n oefening kos gewoonlik baie geld en die arme boere word finansieel tot met die volgende oes erg teruggesit.
Die laaste groepie boere het eenvoudig nooit geld vir padbouery nie en hul paaie verval tot slote wat met die Grand Canyon vergelyk kan word.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days