Kuier

DEPRESSIE

Riky Rick, HHP, Craig Lucas, AKA… Almal bekende kunste-naars. Almal depressielyers. Maar waar Craig Lucas en AKA steeds op verhoë kan staan en mense vermaak, het die gordyn oor Riky Rick en HHP se lewens gesak. Beide hierdie talentvolle kunstenaars het hul eie lewe geneem.

Depressie hoef nie in tragedie te eindig nie en mans moet die stigma afbreek dat hulle nie oor geestesgesondheid of gevoe-lens mag praat nie, meen die kenners.

Dis tyd om die stilte te verbreek.

Ralph Canary (67), wat oorspronklik van George is, maar homself in Belhar op die Kaapse Vlakte gevestig het, sê hy het nog nooit daarvan weggeskram om oor sy depressie te praat nie.

Sy reis as depressielyer het oor die jare begin opbou van toe hy nog 'n onderwy-ser was, en in 2011 het hy besluit om vroeg af te tree as gevolg van sv deoressie.

“Die probleme wat ek ontwikkel het, was in die onderwys. Mense dink jy's mal, as ek die woord kan gebruik, hulle dinkjy's bedonnerd,” vertel hy.

“Ek het van jongs af 'n streep gehad, mense het dit genoem hardegatgeit, maar dit was nie. Dit was meer'n sin vir regver-digheid en ek was altyd in aanvegting met mense. Veral met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Groot Woordbou
NR. 167 asbes aanwend apostel bandana bewus bloekom chevron dekaan defek engelvis elektries fakkel feodaal genetika glans hersenskim hokkie integrasie intap jonk janfiskaal kalk kapoet kompas landelik leuen minstens moltrein myner natuur Newton oopst
Kuier1 min read
Oplossings
STER-BLOKRAAI NR. 230 VRAAG: Dié Amerikaanse sangeres se aanhangers word die “Little Monsters” genoem. Wat is haar doopnaam? Marlene Drotschie, Bellville FOTOBLOKRAAI NR. 308 VRAAG: Dié joernalis en Carte Blanche-aanbieder is laas jaar oorlede. Heste
Kuier5 min read
Daai Stemmetjie In Jou Kop…
Skuldgevoelens en moederskap gaan vir talle ma's hand aan hand, soos nappies en melkbottels. Op die vooraand van Moedersdag het Kuier aangeklop by ‘n paar ma's en ‘n sielkundige oor die verskynsel van mom guilt – daai knaende gevoel wat jou beetpak a

Related