Landbouweekblad

Oor liefde, kos . . . en moord

‘Die kort antwoord oor waar ek aan Tannie Maria gekom het? Daar was ‘n twee-vir-een-aanbod op idees by die Spar. Ek het dit gekoop en dis waar al my idees vandaan kom,” begin Sally Andrew sommer ons onderhoud met haar ietwat aweregse humorsin en lag heerlik. Amper net so lekker soos haar geliefde karakter Tannie Maria, die Klein-Karoo se biegmoeder, bobaaskok en amateurspeurder, vir haarself kan lag.

Dit is ’n paar weke ná The Milktart Murders, die vierde Tannie Maria-speurverhaal, die lig gesien het. Sally het ’n uitmergelende boektoer agter die rug, met ’n Marilyn Monroe-rok en -pruik in haar tas wat sy vir die funksies aantrek. Maar meer oor Marilyn se rol later . . .

Tydens ons foongesprek staan Sally op ’n koppie naby haar moddersteenhuis op ’n natuurreservaat in die Klein-Karoo. Sy kyk uit oor die wildheid van dié droë area met sy stokou ghwarriebome, luiperds in die berge en vreedsame stilte.

“Daar was ’n luiperd betrokke toe ek met Tannie Maria vorendag gekom het,” vervat sy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
Nuut & nuttig
Jannie Myburgh, ’n boer van Ermelo wat bekend is om sy selfontwerpte plaaswerktuie, het nou ’n padskraper ontwerp wat vir intensiewer skraapwerk direk aan die trekker se driepunt gekoppel word. Jannie sê die behoefte het ontstaan weens die swak toest
Landbouweekblad1 min read
Teler Kraai Koning Met Haantjie Van R11 000
Willie Schmidt van Stellenbosch het ’n Sebright-bantamhaan en -hen vir onderskeidelik R11 000 en R8 600 verkoop op ’n veiling deur Poultry WhatsApp Auctions. “Dit is ’n prestasie om só ’n hoë prys vir ’n Sebright te behaal,” sê hy. “Die openingsbod o
Landbouweekblad1 min read
Pryse By George Styg Met Byna 13%
In die Wes-Kaap toon 62% van die distrikte gunstige prysneigings vir die 12 maande tot Februarie 2024. Daar was 609 transaksies groter as 10 hektaar in hierdie tydperk in 27 distrikte, en 267 461 hektaar is vir R6,139 miljard verhandel. Die grootste

Related