Landbouweekblad

Fyn bestuur, area plaas tafeldruiwe op wenpad

Kies jy die kronkelpad tussen Scherpenheuwel en Robertson, wag ’n ongewone uitsig op jou wanneer jy oor die kop kom. In die dorre, semi-Karoo-agtige landskap is honderde hektaar tafeldruifblokke en sitrusboorde – alles onder net – tussen die rooi koppe gevestig. Die hartklop van dit alles is ’n moderne kantoor-en-pakskuurkompleks.

Dit is hier, op die plase Le Chasseur en Gorreeshoogte, waar mnr. Jan en me. Christie Rabie skouer aan die wiel sit om die bekende Oos-Kaapse sitrusboerdery Habata se Wes-Kaapse belange te vestig. Christie is mnr. Hannes en me. Marié Joubert van Habata se dogter.

“Ons het dikwels op direksievergaderings gepraat oor die Wes-Kaap as ’n geleentheid om Habata se risiko te versprei, want in daardie stadium was dit net sitrusboerdery in die Sondagsriviervallei. Alles was dus in een mandjie. Die groot kwessie was die geleentheid om die Amerikaanse mark, met sy 300 miljoen mense, van sitrus te kan voorsien, want die Oos-Kaap is (weens swartvlek) nie aan dié mark blootgestel nie,” vertel Jan. Hy het op Nuy grootgeword en sien ook om na sy familieboerdery op die plaas Leipzig, met sy ma, Amanda, en suster,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related