Landbouweekblad

Van ingenieur tot suksesvolle groentesaadboer

Kontantvloei is koning in die groentesaadbedryf, en danksy sy presiese, ondersoekende ingesteldheid kon die ingenieur Johan Strasheim (66) die bedryf as groentjie aanpak en regdeur die droogte-insinking tot ’n top-uitvoerboer vorder.

Vir byna 44 jaar was somme en beplanning dié bedryfsingenieur en oudprofessor se kos, en die bou van komplekse stelsels sy asem. Dit is juis dié kernvaardighede van ingenieurswese wat Johan, wat lank aan die Universiteit van Pretoria verbonde was, in staat gestel het om ’n plaas op ’n stuk ongerepte aarde te omskep in ’n vooraanstaande groentesaadboerdery.

Elf jaar gelede het hy en sy vrou, Romana, besluit dit is tyd vir ’n nuwe hoofstuk toe hul kinders uit die huis is. Johan wou sy eie wildplaas begin en het aanvanklik ’n klein besproeiingsplaas by Lategansvlei, tussen Oudtshoorn en Calitzdorp in die Wes-Kaap, gekoop. Hy het dit van 2012 tot 2015 ontwikkel en dit is later verkoop aan Starke Ayres, wat dit vandag as navorsingsplaas bedryf.

“Eers nadat ons van Pretoria getrek het, het ek gehoor van die kweek van groentesaad en die wêreldwye uitvoermoontlikhede.”

Die presisie, tegniek en vaardighede daaragter het die ingenieur in hom geprikkel, en hy het soveel moontlik daaroor nagevors en groentesaadboere in die omgewing geraadpleeg.

Vier jaar later het Johan die idee van die wildplaas laat vaar en ’n ander

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter