Landbouweekblad

Mites oor katoen hier weerlê

Groen katoen floreer met min voedingstowwe en is ’n yster as wisselbougewas, meen mnr. Richard Godfree-Thom, een van ’n hand vol katoenboere in die Vaalharts-skema buite Hartswater in die Noord-Kaap.

Besparings van tot R3 000/ha is moontlik as jy oordeelkundig bemes, sê hy.

Dié jong derdegeslagboer het ná skool vir ’n stroopkontrakteur in Texas, Amerika, gewerk. Tuis is hy aan die diep kant ingegooi toe hy ná sy eerste jaar sy landboustudie moes laat vaar nadat melanoom- en longkanker by sy pa, Stuart, gediagnoseer is. Sy pa is kort daarna oorlede.

Boer is in sy bloed. “Ek kan nie onthou dat ek ooit huiswerk gedoen het nie. Direk ná skool het ek na ons landerye gehardloop om op ’n trekker te klim.”

Só het hy baie lesse by sy oorlede pa en uit eie ondervinding geleer. “Die grootste daarvan is om die waarheid deur ’n ophef of bohaai te sien deurskyn, soos hoeveel misstof werklik toegedien moet word vir winsgewende oeste.

“Waar ons bewaringsboerdery en wisselbou toepas, het ons die voedingstofstatus met dieselfde insette verhoog. Elke jaar se bemestingsproewe toon dat ons hoër bemestingspeile dieselfde opbrengs as ons lae bemestingspeile lewer. Eersgenoemde verlaag jou winsgewendheid.”

’n Mens moet ook nie by slegte ervarings vashaak nie. Leer eerder daaruit en kyk holisties na ’n situasie. “As jy jou motor stamp, is dit nie die einde van die wêreld nie. Jy kan dit regmaak.”

Alles wat Godfree-Thom aanpak, wentel om die boerdery se finansiële behoud.

“As jong boer wil jy mos dinge

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding