Landbouweekblad

Presisieboerdery knip krimpende marges kort

Jong boere

Vandat Johan Hanekom saam met sy pa begin boer het, is vele kostedoeltreffende veranderinge in hul skaap-en-graanboerdery by Moorreesburg aangebring. Die wisselboustelsel is verander van ’n eenvoudige koringmedicsstelsel na ’n stelsel met drie kontantgewasse en ’n groter verskeidenheid weidingen voergewasse vir die Merino-kudde.

Die trekkers en werktuie is minder, maar groter. Almal is toegerus met gesofistikeerde GPS- en presisie-uitmeettegnologie om net die regte hoeveelheid insette op die regte plek toe te dien en kan deur een mens bestuur word. Só word minder landbouchemiese middels gebruik en inset- en arbeidskoste bespaar.

Moet egter nie dink dit was net vir nuwe trekkers en werktuie koop nie. Johan (nou 30) moes eers navorsing doen om sy pa, Dirkie, te oortuig van die waarde wat die werktuie sou toevoeg en watter besparings hulle sou meebring. Eers nadat hul ouditeur dit goedgekeur het, kon hulle dit koop.

Een van die eerste veranderinge wat Johan aangebring het toe hy in 2015 begin boer het, was om ook kanola en erte

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit