Landbouweekblad

‘Grond is jou enigste bate – pas dit op’

Op Groot Phesantekraal, ’n vierdegeslagplaas waarop met graan, vee en wingerde digby Durbanville geboer word, word daar deesdae koring gesaai op grond waar dit 25 jaar gelede nie moontlik was nie.

“Ek kan onomwonde sê ons getal hektare op die plaas het toegeneem. Ons marginale grond raak minder en die hoëpotensiaalgrond meer,” sê mnr. André (Oubaas) Brink, wat al sedert 1985 op die historiese Groot Phesantekraal boer. Sowat 55% van sy boerdery bestaan uit graan en oliesade, 35% uit vee en die balans uit wingerd en wild.

Hy glo grond is te duur om dit nie na behore te benut nie, daarom doen hulle wat nodig is om sowat 10 ha grond per jaar te herwin, of dit nou fisiese of chemiese regstellings vereis. Met sy medicsstelsel verbeter hy ook jaarliks sy grond se “immuunstelsel”.

Brink vertel hul graangradering is uitstekend en opbrengste het mettertyd toegeneem. Hy skryf dit uit en uit aan grondgesondheid toe.

“Daar is kampe waar ons 4,5 t/ha (koring) haal, maar daar is ook grond wat nog nie reg is nie. Dus behoort ons gemiddelde 4 t/ha plus te handhaaf. Ek dink 60% van ons opbrengs is danksy die grond en 40% danksy kultivars. Ons is afhanklik van winterreën, en hoe gesonder ons grond is, hoe langer kan dit water hou en wortels gesond hou.”

‘GENERAAL’ IN DIE STROPER

Hy boer op sowat 4 000 ha. Hy het twee seuns, Rennie en Jeandré, wat reeds hul plek in die boerdery

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit