Landbouweekblad

Puik opbrengs verseker eerste én tweede plek!

INLIGTING

Ligging: Val, Mpumalanga

Naam: Wilzak-boerdery, Paardefontein

Vertakkings: Mielies, sojabone en Droughtmaster-beeste (On Top Droughtmasters-stoetery en ’n kommersiële kudde)

Gemiddelde reënval: 600-650 mm per jaar

Die gesegde om te meet, is om te weet, is iets wat mnr. Johann Pistorius baie doeltreffend in sy boerdery toepas, met die gesaaides én die beeste. Dit is ’n groot bydraende faktor tot sy sukses as boer.

Pistorius boer op die plaas Paardefontein by Val naby Standerton, Mpumalanga. Hy het van 2001 af saam met sy pa, Willem, geboer, en boer van 2012 alleen as ’n tweedegenerasieboer. Sy pa, wat al in 1966 begin boer het, is deesdae afgetree in Heidelberg, Gauteng.

“Vandat ek plaas toe gekom het, was daar eksponensiële vordering in tegnologie. Dit is ’n lekker tyd om te boer, met baie opwinding en nuwe geleenthede om dinge reg te kry wat nooit moontlik was nie,” sê Pistorius, wat op 22 begin boer het.

Presisietegnologie, soos AgLeader Precision by die saaiery en ’n GrowSafe-voerstasie by die beesboerdery, het die grootste verskil aan sy manier van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Met Dié Sonpomp Het Jy Altyd Genoeg Water
Cedar bied ’n verskeidenheid pompreekse, waaronder klein DC- (gelykstroom) pompe wat ideaal is vir veesuipings. Die Multiflow-reeks is Cedar Solar se vlagskip-boorgatpomp, wat met gelykstroom én wisselstroom (AC) kan werk. Die tegnologie in dié pompe
Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Dragtige Ankole-koei en haar kalf is vir R1 miljoen verkoop op die nasionale Ankole-veiling wat op 1 Junie op die plaas Phala Phala van pres. Cyril Ramaphosa by Bela-Bela aangebied is. Die koei, LUI 19-006, is deur die Cattle Group Farming van Wal
Landbouweekblad1 min read
Landbouweekblad
Redaksie KAAPSTAD Heerengracht 40, Posbus 1802, Kaapstad 8000 Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Inhoudshoof Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Produksiebestuurder Gretchen Peiser Spesialisskrywer Amelia Genis Joernaliste Luc