Landbouweekblad

Wat werk in die praktyk?

Data die nuwe kosbare valuta

Data in die regte formaat en hande kan kleinveeboere, hetsy wol of haar of vleis, se bestuur aansienlik meer vaartbelyn maak — en groter wins kom vanself. Hannelet Jordaan is al twee jaar kleinveedata-ontleder by BKB.

Onverwerkte data is nie veel werd nie, maar die oomblik dat dit in inligting omskep word, het dit waarde. Verwerkte data kan help met besluitneming, onder meer om passasierdiere te identifiseer.

Besluitneming en aksies wissel van boer tot boer, maar die kern is dat ’n ooi nie minder kan inbring as wat dit kos om haar te onderhou nie. Dié verliesmakende ooi moet uitgeken en verwyder word.

“Baie van ons voorvaders se stellings word nou deur data en inligting bewys, of weerlê. Dit is belangrik dat die toepassing van data van plaas tot plaas gaan verskil.”

Wat is jou raad vir boere wat nou begin data insamel?

Data moet ’n ekonomiese effek hê. Data-insameling verg meer moeite en tyd en moet dus nie vermors word as dit nie vir jou antwoorde kan gee nie.

Die belangrikste data om in te samel, is gewig (paar, speen en na-speen), mikron en vaggewig. Alles moet aan ’n datum gekoppel wees sodat die som per dag gemaak kan word. Doen ook moeite met liggaamstelling met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related