Landbouweekblad

Inboetprojek wen talle hektare terug

Die afgelope ses jaar het AA Badenhorst Family Wines in die Swartland – onder meer bekend om die geliefde Secateurs-handelsmerk waarvan Adi Badenhorst nou sowat 25 000 kiste wyn maak – se wingerd van bykans 40 hektaar tot sowat 162 hektaar uitgebrei. Nuwe plase en gehuurde wingerd in die omgewing het bygekom om te kon voorsien in die groeiende vraag na hul gesogte wyn.

“Ou wingerde is vir ons baie belangrik, want dit is reeds goed gevestig wat die geografie betref, en die stok is gewoonlik mooi in balans. Ons Grenache, wat Jan Rossouw in 1952 geplant het en nou 72 jaar oud is, is die oudste Grenache in Suid-Afrika,” vertel Hannes Coetzee, Adi se swaer en plaasbestuurder van die boerdery.

“Ons het die afgelope jare behoorlike wingerdsensusse gedoen en begin agterkom die hoeveelheid wingerdstokke wat die kaart aandui en wat ons fisiek kan tel, maak nie sin nie. Daar was ’n teenstrydigheid van tot 40% in sommige blokke weens stokke wat deur die jare gevrek of seergekry het.”

Gevolglik het hul gemiddelde opbrengs per hektaar nie waffers gelyk nie, want in werklikheid was daar minder wingerd as wat hulle gedink het.

“Sowat 30% tot 40% van die blokke was nie winsgewend nie. Op ons Jakkalsfontein-plaas toon die Sawis-kaart (Suid-Afrikaanse wyninligtingsdiens) ons het net meer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related