Avontuur Afrika

Versteekte juwele van die Oostelike Hooglande

Die Oostelike Hooglande, ook bekend as die Manica Hooglande, strek oor die grens van Zimbabwe en Mosambiek. Dit is ‘n bergagtige area met skouspelagtige natuurskoon, golwende heuwels, groen woude, robuuste kruine, mistige valleie, diep klowe, vloeiende watervalle en sprankelende riviere en mere. Die koel, klam klimaat en welige groen landskappe is in groot kontras met die droë savanne wat meeste besoekers verwag om in Zimbabwe teë te kom.

Nadat ons Gonarezhou verlaat het, ry ons deur die Malilangwe-bewaararea, die tuiste van Zimbabwe se renosterbeskermingsprogram. Die diere is onder streng toesig met 24-uurbeskerming deur gewapende wagte. Hierdie program is een van die min suksesverhale vir renosterbewaring in Suider-Afrika. Gedurende 1997 tot 1998 is 12 witrenosters en 28 swartrenosters vanaf Suid-Afrika hierheen gebring. Na ‘n hervestigingsperiode in bomas, is die renosters vrygelaat en hul bewegings en algemene gesondheid is voortdurend gemonitor, hoofsaaklik deur Malilangwe-wagte.

Teen die einde van 1998 is die eerste swartrenosterkalf hier gebore en sedertdien het al meer kalwers van beide spesies dié bewaararea hul tuiste gemaak. Beide populasies het die afgelope twee dekades ongelooflik goed gegroei – 532% en 729% vir die swartrenoster witrenoster onderskeidelik – tot so ‘n mate dat Malilangwe tans ander bewaringsgebiede in Suider-Afrika help herbevolk deur renoster aan hulle te voorsien. Ons was gelukkig genoeg om ‘n paar van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko
Avontuur Afrika1 min read
Avontuur Afrika
Uitgewer: Anton Willemse Redakteur: Liana Reiners Hoof van ontwerp: Simone Anderson Redaksionele konsultant: Louis Krouwkamp Verkope: Anton Willemse Jacqui Rowe Medewerkers: Andy Wassung Colin Mileman Dirk Smit Grahame McLeod Manie van der Merwe Mic
Avontuur Afrika3 min read
Goeters & geite
Dit klink baie romaties om in die reën te dans, maar dis nie altyd so lekker nie. Vra my… ek het al genoeg kere in my lewe natgereën om te weet waarvan ek praat! Daarom is ek mal oor die K-Way Backpack Rain Poncho. Gemaak van 100 persent 190T poliëst

Related