Weg!

Limpopo se groot geheim

Die Wolkberg is die soort plek waar ek dit nie alleen waag nie, daarom nooi ek twee vriende, Garry Townsend en Shane Anderson, albei ook berggidse, op my ekspedisie na hierdie onbekende gebied.

Dis laat in Februarie en ons het slegs drie dae. Die oggend voor my verjaardag vertrek ons uit Pretoria en hou sowat vier ure later voor die Serala-bosboustasie – en dooiemansdeur – stil. Hier’s niemand in sig nie, ook g’n stapregister om te teken nie.

Dan moet ons maar wag. Terwyl ek en Shane solank middagete maak, wys Garry – ’n voormalige Haenertsburger – vir ons op kaarte waarlangs ons voorgenome sirkelroete deur Wolkberg loop: Ons gaan afstap tot in die Mohlapitsevallei, dan die rivier stroomop tot in die Wonderwoud volg. Op dag twee gaan ons uit die woud tot op ’n saaltjie klim, dan eers ’n ander koers inslaan om die Duiwel se Kneukels te besoek en in die namiddag Kruger se Neus uitklim tot by Die Horings en Cleopatra se Poele. Die laaste dag stap ons digby die MCSA-hut (Mountain Club Of South Africa) verby, kyk of ons die bekende bum slides kan opspoor, vind dan ons pad terug tot by die Mohlapitserivier en klim terug tot by die bosboustasie.

Wanneer die personeel uiteindelik van hulle middagbreuk terugkeer, is ons haastig om permitte te kry en te begin stap. Die son is al oor wanneer ons ’n tweespoorpad in die 22 000 ha onherbergsame wildernis in volg.

Daar’s nie ’n wolkie in sig nie.

Die eerste ses kilometer is uitmergelend. Ná meer as ’n uur van my knieë en toonpunte laat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg9 min read
Mense Se Lense
Canon EOS R7Sigma 150-600 mm-lens DENISE VERTEL: Hierdie piepklein kleinrooiborssuikerbekkie is ’n gereelde besoeker in ons tuin in Worcester. Maar hy bly net te vinnig en te rats vir my. In meer as 100 foto’s is hy nooit netjies in die raam nie, of
Weg4 min read
Maak ’n Plan Met Plastiek
Kyk ’n bietjie om jou rond en jy sal binne sekondes ’n hele klomp plastiekgoed sien. Dis óral! Plastiek kan op allerlei maniere gevorm word, daarom word alles van ’n tandeborsel en ’n rekenaarmuis tot mediese toerusting en onderdele vir motors daarva
Weg2 min read
Met My Eie Oë
Dit was die oggend net ná 6 vm. toe ons groep saam met gidse en spoorsnyers op twee wildritvoertuie vertrek het. Sowat ’n uur later het ons gids per radio gehoor dat ’n trop van nege leeus ’n buffelkalf platgetrek het, en hy’t ons soontoe gehaas. Daa

Related