Kuier

AGTER DIE OK KULTE

Nie vir sensitiewe lesers nie.

Suid-Afrika is ’n baie diverse land bekend as“die reënboognasie”en danksy ons Grondwet geniet almal se taal, kultuur en geloof beskerming. Maar al waarborg ons wetgewing vryheid van geloof, haal ’n gruwelike misdaad wat met die okkulte verbind word, elke nou en dan die nuus en laat almal regop sit.

Baie flieks is ook al oor dié soort ding gemaak, maar ons besef nie aldag dat dit ook hier, sommer reg onder ons neuse, aangaan terwyl ons salig onbewus is nie.

Min Suid-Afrikaners weet ook die SAPD het ’n okkultemisdaadeenheid wat sulke sake ondersoek. En al raak die meeste van ons net van die kwessie bewus wanneer dit die nuus haal, is dit al vir amper 40 jaar elke dag deel van brig. Attie Lamprecht (53), nasionale hoof van dié spesialiseenheid, se lewe. Dié eenheid is ook baie besiger as wat mense dink en hulle moet sake prioritiseer. Misdade teen kinders en geweldmisdaadsake kry voorkeur. ’n Mens kan dus nie help om te wonder hoekom sulke sake dan nie meer gereeld op die lappe kom nie.“Ons hou dit onder die radar. Ons moet. Dit raak chaoties as daar te veel media-aandag is. Ons vind ook baie mense word aangevuur deur hierdie soort aandag en dít is nie in belang van die speurder, die getuies of die slagoffers nie,”verduidelik Attie.

Hy was eintlik verstom dat hy toestemming gekry het om met Kuier te praat, want hul werk vind gewoonlik onder die radar plaas.“Ons probeer die media dodge sover ons kan!”lag Attie.

Kriminele gedrag wat stem uit geloofsoortuigings, of dit nou die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Groot Woordbou
NR. 167 asbes aanwend apostel bandana bewus bloekom chevron dekaan defek engelvis elektries fakkel feodaal genetika glans hersenskim hokkie integrasie intap jonk janfiskaal kalk kapoet kompas landelik leuen minstens moltrein myner natuur Newton oopst
Kuier1 min read
Oplossings
STER-BLOKRAAI NR. 230 VRAAG: Dié Amerikaanse sangeres se aanhangers word die “Little Monsters” genoem. Wat is haar doopnaam? Marlene Drotschie, Bellville FOTOBLOKRAAI NR. 308 VRAAG: Dié joernalis en Carte Blanche-aanbieder is laas jaar oorlede. Heste
Kuier5 min read
Daai Stemmetjie In Jou Kop…
Skuldgevoelens en moederskap gaan vir talle ma's hand aan hand, soos nappies en melkbottels. Op die vooraand van Moedersdag het Kuier aangeklop by ‘n paar ma's en ‘n sielkundige oor die verskynsel van mom guilt – daai knaende gevoel wat jou beetpak a

Related