Weg!

Waar die kalksteen antwoord gee

Ná 14 uur op ’n oornagtrein kom ons vroegoggend aan op die dorpie Ninh Binh in die noorde van Viëtnam. Jy het waarskynlik al foto’s gesien van grys kalksteenkoppe oortrek met tropiese plantegroei wat uittoring tussen ryslanderye met riviere wat tussendeur kronkel... Ninh Binh, sowat 95 km suid van Viëtnam se hoofstad, Hanoi, lê in die middel van dié eiesoortige landskap.

Boonop is hier bekostigbare verblyf en ’n verskeidenheid doendinge – dié wenkombinasie lok die afgelope paar jare al meer toeriste hierheen.

Van die treinstasie af ry ons met ’n taxi die sowat 10 km na die kleiner toeristedorpie Tam Coc. Ons gaan twee dae by die Tam Coc Bungalow afsaal saam met ons vriende Wessel van Wyk en Shivani Ghai. Die gastehuis is versteek tussen bome langs ’n rivier en het ’n stoep wat uitkyk oor die einste kalksteenkoppies.

Ná ’n middagslapie en ’n warm stort is almal weer vars en reg vir avontuur. Ons huur twee bromponies en ry deur die dorp. Die hoofstraat wemel van restaurante en kroegies;

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
’n Tierboskat En ’n Vlagswaaier
Ek toet twee kort stampies totsiens vir my vriende wat agter die swart toeskuifdeur verdwyn wanneer ek my Subaru se neus padaf draai. Dis nog donker in die strate, maar ek het darem al ’n koppie koffie in die lyf. Ek ry uit Auckland Park en volg my f
Weg1 min read
Blokraai
OPLOSSINGS BL . 104 Loer in by jou naaste winkel of bestel een by media24shop.com teen R85. FOTO’S RONEL STEYN; VILLIERS STEYN; MARCHELLE VAN ZYL ■
Weg2 min read
LUIPERDLESSE Die strikgevaar
Luiperds word as kwesbaar gelys op die internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur se rooidatalys van bedreigde spesies, en die bevolkingskurwe neig steeds afwaarts. Wêreldwyd is luiperds reeds ’n yslike 75% van hulle oorspronklike verspreidi

Related Books & Audiobooks