Weg!

Dorings en belonings

Nog voordat ons stap, het ons al begin lippe aflek vir die brêkfis wat ons geweet het ná die tyd wag. Nou, halfpad teen Chapmanspiek uit, kry die gedagte aan daardie bord kos gestalte voor ons geestesoog.

“Dis ’n vol bord kos –vól,” sê ek, hygend na asem teen die steilte uit. “Daar’s nie ’n kans dat jy daarna nog honger sal wees nie.”

“Praat namens jouself,” brom my seun, Daniel, terwyl hy rats teen ’n rots voor my uitklouter.

Hy is 16 en sy rug begin soos ’n man s’n lyk: Dit bult breed onder sy natgeswete T-hemp. Onder ons lê die diep inham van Houtbaai, ’n blou bak windverwaaide see waarop nou en dan ’n toeristeboot Seal Island toe sukkel.

“Het ek jou vertel vanna De Rust in Desember?” vra ek.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg7 min read
Boeke En Musiek
Deur Karen Paolillo, Penguin Books R300 in boekwinkels Dit Brit Karen Paolillo beskerm reeds die afgelope drie dekades die seekoeie in die Turgwerivier in die suidooste van Zimbabwe. Hierdie boek volg op A Hippo Love Story, wat in 2014 verskyn het, e
Weg2 min read
Kortliks
Jou Suid-Afrikaanse paspoort – met die gepaste bynaam “Groen Mamba”– mag jou dalk nie ver bring in plekke soos Europa en Noord-Amerika nie, maar daar is steeds lande waarheen Suid-Afrikaners sonder ’n visum én met ’n taamlike gunstige wisselkoers kan
Weg2 min read
Taai Gebore… En So Gelaat Staan
Die eerste Cruiser 70 het sy verskyning in 1984 gemaak, min of meer dieselfde tyd as die fliek Back to the Future. Klim jy agter die stuur van enige 70-Reeks, voel dit inderdaad asof jy na die 1980’s teruggevoer word. Die handvatsels, sitplekke en de

Related