’n Onsterflike ‘woordheks’
Min mense het ’n aanvoeling vir die bonatuurlike. Hoewel ek self oop is vir die idee dat daar meer dinge onder die son is as waarvan ons kan weet, is ek tog verlig dat direkte kontak met die onverklaarbare en vreemdsoortige my grotendeels gespaar gebly het. Maar nie heeltemal nie.
My moeder, ’n beginselvaste en nugter mens, het byvoorbeeld nie graag gepraat oor wat sy soms “gesien” het nie. Vir wyle prof. Elize Botha, wat bely het dat sy ’n “aanvoeling” het, was die Wilcocks-gebou waarin ons twee een skemeraand was, so unheimisch dat sy dringend wou wegkom. Prof. Piet Nienaber se ongelooflike bonatuurlike ervarings het selfs die soektog na die vermiste skedel van ’n gesneuwelde Boer uit die Anglo-Boereoorlog ingesluit, wat aan hom ’n skat goue ponde besorg het wat vir sy studie kon betaal.
Jan Rabie en Marjorie Wallace het soms las ondervind van die digter (1974), dat hy dit op allerlei maniere teengewerk het, selfs deur ’n motorongeluk waarin Rousseau se linkerarm permanent beskadig is.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days