Huisgenoot

NÉT HOOP IN DIE STORM

WEG is alles – elke plan wat hy met soveel omsigtigheid uitgelê het; elke droom wat hy so lank gekoester het. En ja, selfs die baard. Verby is dit met al die “ou dinge” – dalk selfs met die ou Jo Black …

Sy skip vaar – nes die een waarvan hy in sy trefferliedjie “Skepe” sing – in stormwaters.

Dis asof die horlosie teruggedraai is – terug na die tye toe hy elke sent moes omdraai; toe hoop ál was wat hy met hom saamgedra het.

Hy betwis dit nie: Dit ís ’n onseker tyd, sê die gewilde sanger. Maar onbekend? Helaas nie.

Daarom kan nie eens die coronaviruspandemie Jo (38) van alle hoop ontneem nie – al tree hy weens die inperking al drie maande lank nie meer op nie.

“Hoe ironies dat die lirieke van my eie liedjies meer as drie jaar later nou meer betekenis dra as ooit vantevore,”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related