Huisgenoot

’N TYD VIR HEEL WORD

DIT sou maklik wees om in dié tyd van die coronakrisis oor die pynlike houe te sit en tob wat die lewe die afgelope tyd vir haar uitgedeel het. Die lang dae tuis skep die tyd en ruimte om na te dink oor als wat skeefgeloop het en als wat bly verwond.

“Verwonding” – so verwys sy na die seer van haar verbrokkelde huwelik. En daardie seer verdwyn nie oornag nie.

In die weke wat getroude pare oor die hele land moet leer om aldag en heeldag onder dieselfde dak in mekaar se geselskap te wees, moes sy – die bekende huweliksraadgewer wie se eie huwelik ná 26 jaar verbrokkel het – die uitdagings van inperking en afsondering sonder haar maat aandurf.

Maar al word Gretha Wiid (48) nog daagliks gekonfronteer met “ ’n enorme verlies” nadat sy verlede November bekendgemaak het sy en die pa van haar vier kinders, Francois (48), gaan skei, lê die seer haar nie lam nie. Sy vang haarself dikwels waar sy weer sorgeloos lag.

Tog draai sy nie doekies om nie – dis nie elke dag maklik nie, erken sy. “ ’n Mens wil dikwels so maklik jou verwonding met ’n geestelike sousie toegooi. ’n Mens wil sê: Ek is mos ’n kind van die Here – ek is heeltemal oukei. Maar dis nie hoe genesing werk nie. Dis ’n lang pad,” erken sy kort voor die 50ste dag van die landwye inperking.

Sy is deur diep waters sedert sy haar man vir ’n egskeiding gedagvaar het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee
Huisgenoot5 min read
Toe’s Dit Al Die Tyd Jy
MENSE praat graag van tweede kanse, maar soms vat dit net tyd vir die régte kans om te kom. Dan is dit eintlik die enigste een wat saak maak. Dis minder as ’n week nadat die aktrise Dorette Potgieter op 51 getroud is met die ingenieur Hennie Karsten,

Related