Kuier

CORONAVAT HUL ANKER

Vir die familie van Petronella Benjamin (61) van Eersterivier in die Kaap is haar skielike afsterwe steeds ’n hartseer onwerklikheid, want slegs ’n paar weke gelede het hulle nog saam met hul blakende gesonde mammie op die stoep gesit en haar aftrede beplan.

Petronella, beter bekend as Ma Nellie of Nurse Benji, is die eerste gesondheidswerker in die Wes-Kaap wat weens Covid-19 gesterf het. Ná meer as 30 jaar diens as ’n verpleegster wou Ma Nellie haar laaste dae by die werk gebruik om vir al haar pasiënte en medewerkers totsiens te sê. Nooit sou dié getroue verpleegster kon raai dat dit sý is wat gegroet sou word nie…

’n Dag voor Petronella se aftrede het die koue hand van die dood haar kom haal op 29 April. En in plaas van toegegooi word onder afskeidgeskenke en blomme, moes haar naastes hul laaste eer aan haar betoon met begrafnisruikers op 5 Mei. Ma Nellie word oorleef deur haar man, vyf kinders en nege kleinkinders.

Enkele dae nadat Ma Nellie ter ruste gelê is, het die tweede Wes-Kaapse gesondheidswerker afgesterf. Ntombizakithi Ngidi, ’n verpleegster in die Tygerberghospitaal, is die tweede verpleegster in die provinsie wat die stryd teen Covid-19 verloor het. Tygerberg-hospitaal is een van die eerste designated gesondheidsfasiliteite in die Wes-Kaap wat toegerus is om mense vir Covid-19 te toets en te behandel.

Wat Petronella se storie so besonders maak, is dat hierdie vrou tot op die laaste mense versorg en gedien het. Benewens haar werk as ’n verpleegster by verskeie hospitale, laaste by ’n kliniek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 312 SAAMGESTEL DEUR: PENPRET FOTO'S: ER LOMBARD EN INSTAGRAM/@CHEFREUBENRIFFEL, @GRANT9_WILLIAMS ■
Kuier7 min read
As Klaasvakie Wegkruipertjie Speel
Hande op as die bedkassie al jou kopkussing was terwyl jou kleuter jou hele bed oorvat. Of as jou baba net vir ‘n paar minute op ‘n slag slaap of jou skoolgaande kind nog laatnag wakker is en soggens vol nukke is met opstaantyd. Michey* ken dié gevoe
Kuier3 min read
'N Plekkie In Die Son Vir Almal
Brenden As jy nog nie Chasing the Sun 2 gekyk het nie, wil ek met alle respek vra jy moet vir my die klip wys waaronder jy die laaste ruk weggekruip het. Ja, met die cost of living-krisis is dit nie vir almal moontlik om DStv te kan bekostig nie, so

Related