Kuier

DUBBELE SLAG SLAANSEER

Die papnat-susters. Dít is hoe Wilhelmina Lekay (61) en Mariana Sauls (56) bekend gestaan het in die Bolandse dorp Montagu. Dit is ook hoe hulle vir ewig onthou sal word – as die susters wie se harte groter was as die gemeenskap self.

In Julie het dié twee susters vir ewig hul tydelike aardse woning verruil vir dié van hul ewige. Terwyl Wilhelmina onverpoos gebid en voorbidding aangevra het vir haar suster se gesondheid en lewe nadat dié in die hospitaal beland het, het niemand gedink dat Wilhelmina eerste sou sterf nie.

ONVERWAGS

Op 14 Julie het Wilhelmina onverwags aan ’n hartaanval gesterf. Terwyl die familie nog oor hul geliefde tannie en mammie se dood gerou het, het Mariana, drie dae later ook aan ’n hartaanval gesterf. Die familie glo dat Mariana nie die dood van haar suster kon verwerk nie en sy gesterf het aan ’n gebroke hart.

In ’n tyd waar ons so oorweldig word met sterftes, hoofsaaklik weens Covid-19, is dié twee geliefde susters se afsterwe nie net ’n groot verlies en hartseer vir hul families nie, maar ook vir diegene met wie hulle so vrylik hul liefde en omgee gedeel het. Wilhelmina was geliefd bekend as Mammie, en Mariana as Nanna Mary. Twee vroue wat geleef het vir hul gemeenskap en hul laaste sou gee om net die las van ander

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Laat Kollageen Só Vir Jou Werk
Ai, as daar maar net ’n pilletjie was wat kon keer dat ek ouer begin lyk. Dalk het jy al voor die spieël gestaan en dié woorde gedink. Kollageen is dalk net dié wondermiddel, as jy die bekendes en influencers kan glo. Sommige vertel dit help onder me
Kuier1 min read
Luister Dít
Beskikbaar op Spotify, Apple Music of enige podcast-app Dis ’n podcast oor al die vreemde dinge wat vandag en destyds gebeur het, wat jou soos Tyla gaan laat sê: “What the heck!?” In elke episode kry jy die jongste, vreemdste nuus gemeng met wilde hi
Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 314 SAAMGESTEL DEUR: PENPRET FOTO'S: CORRIE HANSEN, SHARON SERETLO EN INSTAGRAM/@LAURIKARAUCH ■

Related