VERSKRIKKING OP MY PAD VAN LIEFDE
DIE emo sionele wipwarit van die lewe saam met haar dogter was al 23 jaar lank haar daaglikse, uitmergelende werklikheid.
Tog kon die seer van haar dogter se gedurige aggressie teenoor haar, asook haar eie skuldgevoelens en intense woede oor die beker wat sy as ouer moes drink, nie die vlam van moederliefde in haar hart blus nie. Want al is haar dogter op ’n bloedjong ouderdom deur ’n seldsame breinvirus in ’n vreemdeling verander, is dit steeds haar kind.
Maar eendag so drie jaar gelede het sy haar breekpunt bereik. Die dag toe haar reeds volwasse dogter haar so hard met ’n besem geslaan het dat die merk twee maande later nog sigbaar was.
“Hierso,” sê Juliana Coetzer (62) en wys na haar heup. “Daar het so ’n rooi rif gelê. Ja, toe het ek gesê ek wil nie meer hierdie kind hê nie,” erken sy nou.
Hierdie kind wat tot op die ouderdom van sewe nog so uitbundig en opgewonde oor alles was. Wat haarself kleintyd ge-potty train het en op vyf al kon lees en op haar eie pannekoek bak. Haar enigste dogtertjie wat altyd deur maatjies omring was.
Tot die virus Anneke se brein en menswees begin wegvreet het…
In 2015 is lesers geroer deur die boek , Juliana se pynlik eerlike vertelling oor haar moeilike reis saam, nou kraakvars op die rakke, maak Juliana vandag haar hart oop oor die pad wat ma en dogter daarna gestap het.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days