Huisgenoot

MY TYD VIR BESIN

SY HET groot verwagtings vir die jaar 2020 gekoester; sulke groot drome gehad.

“Ek het nog altyd baie werk gehad, maar hierdie jaar sou net anders wees – dit sou mý jaar wees,” sê die gewilde sangeres Nádine waar sy op dag 27 van die landwye inperking op die stoep van haar en die oud-Springbok Derick Hougaard se huis op ’n landgoed in die ooste van Pretoria sit.

“Ek het ongelooflike konserte gehad waarna ek uitgesien het. Ek sou twee keer in Mei in Namibië opgetree het; ek sou in die tweede helfte van die jaar na België gereis het.”

Maar toe word 2020 die jaar van die nuwe coronavirus …

Op Maandagaand 23 Maart was Nádine alleen by die huis en het sy saam met haar twee katte op die rusbank sit en luister toe pres. Cyril Ramaphosa die inperking weens die pandemie aankondig.

Sy erken sy was geskok toe sy besef sy sou nie in dié tyd kon werk nie. Wat gaan van die volgende 21 dae se vertonings word, het sy gespanne gedink.

“Dit het net nie ingesink nie,” vertel sy tydens ons WhatsApp-video-onderhoud.

In haar loopbaan van 24 jaar was Nádine immers nog nooit so lank van die verhoog af weg nie – nie eens toe haar hondjie haar lip in 2007

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f
Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot2 min read
Vermaak Vir Almal
Ons land se jongste TikTok-sensasies spog nou ook met hul eie kosreeks, Tietie en Nanna kook, op VIA. Dié twee Kaapse susters kook dat die stoom staan in hul woonstel in die Strand, en hul tradisionele geregte laat oud en jonk se mond water. Dink aan

Related