Weg! Platteland

Plesier tussen pad en rivier

As ’n mens die N12 uit Johannesburg neem en Krugerwildtuin toe mik, sien jy aanvanklik net mynhope en kragstasies (Vandag eintlik maar wit olifante. – Reds.), met tussenin grasveld en mielielande. Op die snelweg is dit die een lorrie op die ander en vuil lug tot ver anderkant Witbank, Middelburg en Belfast. Die pad het intussen die N4 geword, en dan, net voor jy begin afdaal na die Laeveld toe, verander dinge en die lug word skoner.

A, dís waar die Golden Egg was, die beste plek vir ontbyt as jy nie padkos ingepak het nie. Vandag is die Golden Egg oorlye, maar die dorpies Machadodorp, Waterval-Boven en Waterval-Onder klou nog vas daar neffens die grootpad en die waters van die Elandsrivier. Draai gerus hier af en kom kuier op die rand van die Hoëveld.

MACHADODORP

Plek van geluk

Selfs op ’n doodgewone Dinsdag is daar laatoggend by Millys hordes besoekers: sakemense, buitelandse toeriste en Suid-Afrikaners wat buite die skoolvakansie ’n blaaskans vat. Die restaurant is nie vol nie, maar die tafels by die vensters is byna almal beset – hier kyk jy uit oor die kalm waters van die dam. Skielik is daar ’n rimpeling wanneer ’n klompie karp kom dagsê en hoop hulle kry van die voer wat die restaurant verkoop.

“Tembi, bring asseblief vir my ’n koppie koffie,” vra Unice-Ann Badenhorst vir een van haar personeellede terwyl sy naby die venster plaasneem.

Unice-Ann is aan die stuur van sake hier

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n

Related