Weg! Platteland

Ontmoet die mense

P.J. Sabbagha en Athena Mazarakis

Onderskeidelik artistieke en uitvoerende hoof, en ontwikkelingsbestuuder van The Forgotten Angle Theatre Collaborative

P.J. Sabbagha was in 2005 die wenner van Standard Bank se Jong Kunstenaarkompetisie vir dans. Hy het sy teatergroep in 1995 begin en werk sedert 2015 op sy ouers se plaas buite Machado. “Toe my pa-hulle die plek 40 jaar gelede gekoop het, het alles uitmekaargeval,” vertel P.J. “Ons het altyd oor naweke of vakansies hiernatoe gekom en dan onder ’n groot ou eikeboom in die woonwa gebly.”

’n Paar dinge het gelei tot die skuif uit Johannesburg, veral befondsing vir landelike ontwikkeling. “Ons het moeg geword van die egosentriese bedryf en die rugstekery – almal ding mee om dieselfde hulpbronne om dieselfde ding te doen,” sê hy. Hier het hulle die Community Builders-dansopleidingsprogram vir plaaslike jong mense én ’n nasionale jeugleierskapprogram.

Om ’n teatergeselskap op ’n plaas te bedryf is nie sonder uitdagings nie. Elke dag word hulle geduld beproef deur dinge soos afstand, die internet en die grondpad. “Baie lorries neem dié pad Dullstroom toe sodat hulle nie tolgeld hoef te betaal nie, en veral as dit reën, dolwe hulle die pad behoorlik om… en dan is ons gestrand,” vertel P.J. met ’n glimlag. “Maar ons weet al hoe om in die modder te bestuur!”

Athena erken die slegte paaie het ’n invloed op die program wat hulle elke jaar vir ’n spesiale geleentheid uitwerk. Die vyfde My Body My Space-openbare kunstefees, wat in April op verskillende plekke in die munisipale gebied gehou is, het kunstenaars van reg oor die wêreld gelok. “Die fokus is om kritieke maatskaplike kwessies in die openbare ruimte te plaas,” sê P.J. “Ons probeer nié om Machadodorp of enige van sy uitdagings weg te steek nie.”

“Ons doen dit voor die winkelfasades wat gesluit is of besig is om te verkrummel,” voeg Athena by. “Die roete het vanjaar verby die ysterwarewinkel geloop

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland5 min read
Tuindagboek
Die kunstenaar Astrid Blumer is gek oor die detail, organiese vorms en lyne en lewendige kleure van plante en sê dit inspireer haar in elke opsig. Hoe sou jy jou styl beskryf? My kuns weerspieël my diepe verbintenis tot die wêreld rondom my. Ek verke
Weg: Platteland2 min read
Vrede In Die Eenvoud
Ek het al gewonder, as ek die bome en strate van my omgewing verlaat vir die stilte en die oopte van die Suid-Kaap se paaie, waarom ek juis dáár makliker ’n filosoof sou kon wees. Dalk is dit die eenvoud van die natuur wat dan plek maak vir gedagtes,
Weg: Platteland8 min read
Vir die Voëls…
Voëlfariseërs wat vroeg uit die vere is, gewaar hulle gewoonlik eerste: groepies grafstil zombies gewapen met gevaarlike verkykers, ore spits soos bakoorjakkalse, wat na ’n onopvallende bruin struik staar. Uit die halfdood bosgasie het blykbaar pas d

Related