Weg!

VOORAF

Toer met ’n oop hart en ’n oop hand

’n Paar jaar gelede het ek en my vrou, Hermie, langs die Weskus getoer. Ons het voor die tyd op die radio gehoor as jy op ’n toer kinders sien wat bedel, moet jy nie lekkers gee nie, maar skryfbehoeftes. Ons het 40 geskenkpakkies gemaak en uitgedeel in die omgewing van Lambertsbaai, Springbok en Soebatsfontein. Dit was wonderlik om te sien hoe die kinders se gesiggies verhelder.

Met ons toer vanjaar het ons met behulp van Erika Kotzé van die Willemsriviergasteplaas die plaaslike kleuterskool op Nieuwoudtville, Kabouterland, ondersteun.

Ek het houtblokkies en Hermie boontjiesakkies en waslappe gemaak. Vriende het onder meer klere, tandepasta, tandeborsels, papier en karton geskenk.

Die kinders het vir ons gesing en gewys wat hulle alles leer. Hulle juffrou, Rochelle Mzane, die plaaslike koerante, Ons kontrei en die Noordwester, asook Eugene Marinus (’n gemeenskapsleier), was ook daar om die geleentheid te vier.

Baie dankie aan die mense wat geld en tyd opgeoffer het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
’n Sagter benadering
Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plante
Weg6 min read
’n Kuier By Die Kokerbome
Augustus het al hoeveel keer probeer om lente te wees. Maar sy is deur die winter grootgemaak en sal nie sommer van haar koue, winderige gewoontes ontslae kan raak nie. Daarom staan ek en vriend Japie Kruger vanoggend steeds om die roosterkoekvuur by
Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu

Related