Kyk Mooi Na Jouself
Ek glo nogal in die waarde daarvan om jouself gereeld te herinner aan die dinge waarvoor jy dankbaar moet wees. Onlangs, ná ’n uitdagende klompie dae, onthou ek van ’n foto wat ek destyds vir my kollegas op kantoor gestuur het terwyl ek op reis was.