Liefde en Konflik op Verdwaal
()
About this ebook
Die liefdesverhaal van Natalie Greef en Derek de Vos - Dit gebeur twee jaar na Verdwaalpad na die liefde. Natalie kom werk op Verdwaal. Sy is versot op die bos. Sy leer egter dat alles nie net maanskyn en rosegeur is nie. Daar is wilddiewe en strooptogte. En haar hart dreig ook om uit haar lyf gesteel word. Deur die aantreklike Derek de Vos. Geswore alleenloper...
Read more from Adele Reynders
Wanneer die son weer skyn Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBetowerende nag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTilja se reis Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsRondom Middernag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDokter Pyn in die Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTydelik... vir altyd Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVerdwaalpad na die liefde Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsE-pos vir my 'n droom Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLiefdesverhale Omnibus 1 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTotdat die vet vrou sing... alternatiewe operagids Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsIsa se uitdaging Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie bykans honderdjaar oue man wat voor Spar op die blombak gaan sit het... en toe verdwyn het Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHenk, man van vele talente Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMedisyneman Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie buffelbul van Inyathikhulu Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSien jou weer op Skadureen Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related to Liefde en Konflik op Verdwaal
Related ebooks
Alles wat blink Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOop deure Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Droomhuis vir Kristie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAl wat tel Rating: 5 out of 5 stars5/5Vreugde vir Larissa Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKeur van verhale 2: Maak dit saak Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMy Broer se Vrou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSplit Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie boek van gelukkige eindes Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Pro Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVuurvoël Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOuens is nes ekstra bagasie Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Brief vir Reina Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie verleiding van Eva de Winter Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHans hou bruilof Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBlomme vir Berdine Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGam Se Tjind Rating: 5 out of 5 stars5/5'n Kristal Engel Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSkadustemme Rating: 0 out of 5 stars0 ratings’n Soort van bevryde vrou Rating: 5 out of 5 stars5/5Elke dogter het 'n ma Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAzadi Reeks 1 & 2 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEk en Prins Donkerkuif Rating: 5 out of 5 stars5/5Weerkaatsings - 'n sprokie Rating: 4 out of 5 stars4/5Die jaar toe Emma begin kook het Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMeer as moord Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLeeus met letsels Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAs jy 'n ster sien verskiet Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMan in die maan Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWerk soos 'n miljardêr: Van werknemer tot suksesvolle entrepreneur: 'n storie van sakesukses Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Reviews for Liefde en Konflik op Verdwaal
0 ratings0 reviews
Book preview
Liefde en Konflik op Verdwaal - ADELE REYNDERS
Inhoudsopgawe
Liefde en konflik op Verdwaal - Adele Reynders
Liefde en konflik op Verdwaal - Adele Reynders
Hoofstuk 1
Om in Januarie in die Klasserie of Timbavati reg langs die Krugerwildtuin te stap is nie 'n grap nie. Selfs al hang die wolke laag oor die aarde in die belofte van 'n laatmiddag reënbui, bly dit versengend warm.
Vyf paar voete trap versigtig waar die staptoerleier sy voete oplig. Heel agter stap sy adjudant. Sewe pare oë kam die golwende gras, die droë rivierloop, die bome.
Die veldwagter lig opeens sy hand en gaan staan. Die netjiese ry breek op en vyf mense struikel in mekaar vas, die oë groot van afwagting op hom gerig.
Derek de Vos glimlag maar net. Dit gebeur elke keer. As hy halt roep, verwag hulle dat hy vir hulle een of ander natuurwonder gaan wys.
Ons rus hier vir 'n paar minute.
Hy haal sy waterbottel uit en neem 'n paar slukke. Vandag se groep bestaan uit vier Duitse toeriste en 'n kollega Natalie Greeff.
Natalie is ongeveer twee maande gelede aangestel in 'n pos wat ewe pretensieus as toerisme en bemarkingsbeampte geadverteer is. Dit het gewerk, die optimistiese aansoekers het met die regte grade en papiere gereageer. Natalie se CV was nie die mees indrukwekkendste nie, maar wat die deurslag gegee het was die feit dat sy nie soos die meeste ander hakskene gewys het, toe die kwessie van besoldiging ter sprake gekom het nie. Die salaris is regtig nie wat mens sou beskryf as mededingend nie.
Maar Natalie bring haar kant, dit het sy al binne die eerste week op Verdwaal gewys toe die besprekings sommer hier in die warmste maand van die jaar toegeneem het.
My naam is Nátálie,
het sy hulle gou reggehelp, toe iemand haar Nêtilie noem. Die a's is a's, nie ê's nie. Dit is hoe haar ma en pa haar jare gelede laat doop het en dít is wie sy is! Tipies vroumens, het hy gedink. Hy gee nie 'n watsenaam om hoe mense sy naam uitspreek nie. Deerik of Dêriek soos wat mense altyd na sy vernoem-oupa verwys het.
Natalie is besonder mooi met haar skouerlengte donker hare en groenblou oë. 'n Baie besondere kleur wat hom laat dink aan die diepsee op 'n helder sonskyndag. Hy hou van vroue van sy eie ouderdom en dit is sy toevallig. Volwasse, met sulke sexy karakterlyntjies om die oë en mond. Die probleem met Natalie en dit het hy al met die eerste onderhoud besef, is dat sy eintlik té mooi is om goed te wees vir 'n enkelloper soos hy, in 'n werksituasie wat slegs uit 'n paar personeellede bestaan.
Maar hy het nie die hart gehad om die ander se keuse om haar aan te stel te veto nie.
Daarom het hy maar net besluit om nie vir nonsens te soek nie. Hy bly liefs uit haar pad, tensy dit absoluut van hom vereis word om in haar teenwoordigheid te wees. Gedurende Desember was dit maklik, hy was vir twee weke oor Kersfees met sy kinders by die see. Daar het hy 'n ander belangrike besluit geneem. Hy vat nooit weer sy twintigjarige meisiekind strand toe nie. Hy wou net heeltyd klere aan haar lyfie trek en manne wat staar foeter.
Maar dit was goed om tyd met haar en sy seun deur te bring.
Nou is hy vars, uitgerus en reg vir werk. Behalwe dat vennoot Marius sommer nou met sy eerste stapgroep vir hom moeilikheid gemaak het. Dit was sý idee, nee noem dit liewer 'n opdrag, dat Derek vir Natalie vandag saambring om so iets van die bos ook te beleef. Sy kan glo nie die stap-ekskursies verkoop, as sy dit nog nie self meegemaak het nie.
Derek neem nog 'n sluk uit sy waterbottel en hang dit terug aan sy gordel.
Al het hy sy oë absoluut belet om dit te doen, dwaal dit al weer in Natalie se rigting. Hy onthou dat daar op haar CV geskryf staan dat sy 'n seun het. Niks oor sy ouderdom, of waar hy homself bevind nie. Dit beteken waarskynlik dat die mannetjie al op sy eie voete staan. Hy kan haar seker eendag vra. Maar nee hy wil nie regtig uitvind nie. Hy is nie in die minste van plan om sy lewe so te kompliseer dat dit vir hom belangrik genoeg sal raak om uit te vind nie. Hy gaan beslis nie meer by haar betrokke raak as wat absoluut van hom as kollega vereis word nie.
Sy sit half eenkant, bene opgetrek en vingerpunte inmekaar gestrengel net onder die buig van haar kniëe. As sy so doer in die bos staar wonder hy vir 'n kort oomblik waaraan sy dink. Slegs 'n 'vyftigsent vir jou gedagtes' waaroor hy nie langer as 'n sekonde gaan tob nie.
Op daardie oomblik draai Natalie om en betrap sy blik op haar. Haar skouers roer ongemaklik en sy draai haar rug effens op hom, voordat sy 'n boksie sap uit haar rugsak haal. Met hande wat effens bewe druk sy die strooitjie by sy gemerkte plek in.
Hy hoop nie dat sy ongemaklik voel omdat sy die idee gekry het dat hy staar nie, want dit was nie doelbewus nie. Hy sal ook nie weer nie. As geswore alleenloper is enige gedagtes wat langer as vyf minute aan 'n vrou gespandeer word, te lank. Hopeloos te lank. Hy is hier om te werk. Om vir sy stappers maksimum kwaliteit bostyd te gee en dis waar sy aandag nou moet wees.
Derek wink sy adjudant Izak nader en saam begin hulle rondkyk. Hulle wil graag Verdwaal se trop leeus vir die groep wys, daarom het hulle 'n roete gekies waar die groot katte gereeld gesien en gehoor word.
En daar is dit ook so! Leeuspore, in die wildspaadjie wat na die watergat lei. Vars getrap bo-oor alle ander spore. Hulle wink die groep nader, beduie na die spore op die grond en wys dat hulle doodstil moet wees.
Natalie lyk net so opgewonde soos die res van die groep. Sy sluk die laaste bietjie vrugtesap en bêre die leë boksie in haar rugsakkie. Daarna lyk sy vir Derek soos 'n fyn balarienatjie wanneer sy op die punte van haar tekkies staan en trippel. Oulik ...
De Vos! Hy beter vir homself 'n vinger lig. Van wanneer af raak sy hartklop onreëlmatig deur bloot na 'n vrou te kyk? Twee maande gelede al, moes hy seker aan homself erken.
Maar die nugter Derek waarsku dat dit eintlik die vars leeuspore is wat veroorsaak dat sy hart vinniger klop en die oormaat bloed 'n effense suisgeluid na sy ore stuur. Adrenalien en die wete dat al is die raakloop van hierdie groot katte in die bos hoe opwindend, die groep se veiligheid sy verantwoordelikheid en syne alleen is.
Leeus. Die Simpsontrop. Een ouer maanhaar, twee jonger volwasse mannetjies, drie wyfies en drie welpies,ongeveer vyf maande oud,
bevestig Izak in 'n fluisterstem. Hy wys van die grond af hoe hoog die kleintjies is.
Opvallend hoe almal skielik nader aan mekaar staan. Een misstap en selfs die mens kan 'n prooidier word, al is die tweebeen spesie die sogenaamde kroon van die skepping.
Ons kan nie lank vertoef nie, selfs al kry ons die leeus. Dit lyk na reën en dan gaan dit vroeg donker word.
Derek wys na sy horlosie en op na die wolke. Gereed?
Koppe wat op en af knik.
Hier gaan ons.
Met twee vingers beduie hy dat die groep se oë wawyd oop moet wees en hulle monde bottoe. Die persoon wat die leeutrop eerste gewaar moet kalm bly en aan die een naaste aan hom raak. Nie 'n woord nie. Enige mensgeluid of vreemde bewegings sal maak dat die trop laat spaander ... of storm.
Wanneer die watergat voor hulle opdoem, is daar egter geen diere in sig nie en Derek beduie vir hulle om agter die bossies af te sak en doodstil te wag en te luister.
As leeus nie besig is om te jag nie, kommunikeer hulle dikwels luidrugtig onder mekaar. Te voet, in die veld hoor mens hulle dikwels lank voor jy hulle sien. As hulle jou eerste sien, is die normale gedrag om laag af te sak en weg te sluip van die regop gestalte van die mens. Veral die leeus op die plase buite die Krugerwildtuin wat die mens nog met jag assosieer is baie skugter.
Miskien het hulle dit reeds gedoen.
Behalwe vir die borrelende roep van 'n vleiloerie, is die bos rondom hulle onheilspellend stil.
Natalie sit reg langs Derek en dié keer betrap hy haar oë op hom. Die glimlag wat haar gesig verhelder stuur sy hart al weer op 'n vreemde driegang trippel wat sy asem 'n oomblik wegslaan. As 'n man elke dag van sy lewe in sulke mooi oë kan kyk, hoef hy nooit weer na enige ander vrou te kyk nie.
Nie dat hý vrou soek nie. Glad nie, dankie.
Derek haal diep asem, glimlag terug en gebruik die verskoning dat hy moet verspied om dadelik weer weg te kyk. Sy lyf bly bewus van 'n skouertjie wat aan sy arm raak.
Is daar minder suurstof in die lug as dit so bewolk is? Moet wees. Sy longe smag skielik na meer.
Minute tik verby en net toe Derek besluit dat dit tyd is om die groep terug te neem na die Land Rover toe, hoor hulle skielik duidelik hoe swaargewigte die bosse breek.
Alle oë is op hom en hy sit 'n vinger voor die mond. Hulle moet doodstil wag om te sien watter verrassing die bos gaan uitspoeg.
Renosters. Twee pragtige diere. Nee, drie.
Shaka en sy vrou Kosbaar en hulle nuwe kleintjie. Vir die eerste keer sien Derek dat die koei intussen haar kalfie afgelaai het. Fantasties. Sy hart klop weer vinniger, maar die
