Explore 1.5M+ audiobooks & ebooks free for days

From $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Sien jou weer op Skadureen
Sien jou weer op Skadureen
Sien jou weer op Skadureen
Ebook83 pages1 hour

Sien jou weer op Skadureen

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Sharon Jenkins is nog steeds die joos in vir kollega Max Reyneke omdat hy homself uit die voete gemaak het, net toe sy begin glo het dat daar iets tussen hulle kan ontstaan.

Sy het nie verwag om hom weer op projek Skadureën te sien nie. Maar hy is terug in sy volle glorie. Verwag boonop dat hulle 'vriendskap' maar net weer moet aangaan, waar hý dit laas gelos het.

Hy kan daarvan vergeet. Sy sal nie toelaat dat hy haar hart 'n tweede keer breek nie.

Skadureën lê teen die hange van die Magalies. Dit is dáár waar die laaste van die harige tweebeen "Big foot'-agtige karakters laas gesien is.

Die mense praat van … Waterbobbejaan

LanguageAfrikaans
PublisherADELE REYNDERS
Release dateOct 31, 2025
ISBN9798231046423
Sien jou weer op Skadureen

Read more from Adele Reynders

Related authors

Related to Sien jou weer op Skadureen

Related ebooks

Related categories

Reviews for Sien jou weer op Skadureen

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Sien jou weer op Skadureen - ADELE REYNDERS

    Inhoudsopgawe

    Sien jou weer op Skadureen

    Sien jou weer ... op Skadureën – Adele Reynders

    ––––––––

    Hoofstuk I

    Donderwolke pak saam. Die atmosfeer raak gespanne. Enige oomblik gaan iemand 'n stoel gryp en dit op 'n ander ou se kop breek. Bloed gaan spat.

    Sharon Jenkins maak haarself klein langs die tafel waar sy sit. As hier vandag oorlog uitbreek, wil sy nie in die kruisvuur wees nie. Sy behoort seker dankbaar te wees dat Marx Reyneke, haar kollega, haar alweer met sy fiets agtervolg het. Ten minste sit daar nou ‘n sterk man saam met haar by ‘n tafeltjie, niks groter as ‘n langspeelplaat nie. Sy mag dalk ‘veilig’ wees, solank as wat hy sy mond hou.

    Iets wat hy nie altyd regkry nie.

    Een drinkerbroer stel sy saak luid en in geen onduidelike taal. Hy beweer dat sy viertrekvoertuig met gemak teen loodreg mure kan opkruip. Verlede week nog het hy die los sand van die Namib deurkruis en ten slotte tot bo-op die vinger van God gery.

    God’s finger? Maar die rots het jare gelede geknak en van sy dun nekkie afgeval, lewer iemand anders kommentaar.

    Maar die viertrek man het sy antwoord reg: Juis, net daar waar die stuk klip nou nutteloos lê en verweer het hy hom met sy vier-by-vier geklim. Wieletjie vir wieletjie!

    Twak, is die opinie van drie ander ouens.

    Maar hy sal hulle gaan wys, daar agter teen die koppe waar dit te styl raak vir gewone ou viertrekkies. By ou Bloues se plek. Dan sal hulle bloedsluk want hy gaan hulle neuse vryf in sy trok se breë spore. En hulle sal harder moet sluk aan die beledigings wat hy nou moes aanhoor.

    Sharon en Marx se oë ontmoet. Sy sein die boodskap; moet net nie lag nie, want sy sien die ondeundheid op sy gesig. Hy geniet elke oomblik van die bekgeveg.

    Boonop knipoog hy vir haar om te wys dat sy glad nie bekommerd moet wees nie. Die saak is nog heeltemal onder beheer. Hy hou sy vinger op die pols van sake en sy oog op die barometer. As dinge kookpunt bereik, sal die persoon eers verby sy lyf moet kom voordat hy naby Sharon kan kom. En amper voel sy weer veilig in sy teenwoordigheid, soos ‘n jaar gelede hierdie tyd.

    Ontoelaatbaar. Hy het haar vertroue heeltemal geskaad. Alles wat sy begin voel het, tot poeier en stof vertrap. Eintlik was dit seker haar eie skuld dat sy elke dag ‘n klein bietjie meer vir hom gevoel het. En gehoop het ...

    Sy sal hom beslis nie 'n kans gee om soos 'n dief in die nag skanse te breek om by haar hart uit te kom nie. Hy het sy kans gehad. En dit gruwelik verbeur.

    En al het hy miskien glad nie agtergekom dat sy begin lief raak het vir hom nie, het hy die vriendskapsakkoord wat hulle as kollegas opgebou het argeloos geminag.

    Sy verbreek oogkontak met hom. Om 'n moordkuil van haar hart te maak, is nie eintlik wie sy is nie. Een of ander tyd wanneer sy gereed is, sal sy hom vertel hoe sy regtig voel. Maar vir eers ignoreer sy daardie sielvolle groenblou oë wat al vir twee weke gereeld met 'n duisend vraagtekens na haar toe draai.

    Hy aanvaar dat die vriendskap tussen hulle maar net moet aangaan waar hý dit ses maande gelede onderbreek het, sonder ‘n groet of ‘n woord daarna. Van die koudste dag in die winter verlede jaar ... tot twee dae in die Nuwejaar in. Ses maande waarin hy nie ‘n woord van hom laat hoor het nie.

    Nee, sy ghwar. Hierdie jaar, wat maar pas drie weke oud is, is hy op sy eie. Hy moet maar vir hom ‘n ander ‘buddy’ kry om saam met hom in boskroegies te kuier, die pragtige natuurskoon te verken en nuwe dorpies te ontdek.

    Sy wil verkieslik nie eens onthou hoe goed hulle vriendskap was nie. 

    Maar hier sit hy nou waaragtig in sy volle glorie regoor haar in die Bloekomboskroeg. Dit is natuurlik die enigste plek in die agterpad om koeldrank te drink na 'n stewige trap met die bergfietse. Hy was nie eens veronderstel om in die eerste plek agter haar aan te stert nie.

    Haar vorige besoek by die Bloekomboskroeg het op 'n interessante noot ge-eindig. In die vorm van 'n blou en wit wa wat voor die deur gestop het en beamptes wat bloeiende en bakleierige aangeklamde mense opgelaai het. Vandag het sowaar weer die potensiaal want viertrek-man is nog nie klaar met sy verduidelikings aan die ongelowige Thomasse nie. 

    Sharon sit vooroor en vra sag. Marx kan ons asseblief gaan?

    Hy sien ook die gevaartekens en lig homself half uit die stoel op. Natuurlik.

    Maar net voor hulle kan uitglip, versper iemand die deuropening en die kroegman kondig die aankoms van 'n nuwe gas aan. Bloubaard Brummer is hier!

    Hy moet 'n spesiale ou wees, want al raas die TV, raak die stemme rondom stil. Marx sak weer terug in sy stoel en Sharon volg sy voorbeeld.

    Bloubaard is 'n man soos wat Sharon nog nie in haar bestaansjare gesien het nie. 'n Bonkige kêrel met lang donker hare en 'n woeste baard wat lyk asof dit oral op sy lyf ook ongetem groei. Sy skouers is effens vooroor gebuig wat veroorsaak dat sy hande tot byna by sy knieë strek. Dit kan ook die swaar kruidenierswarepakkies wees wat hy by hom het, wat sy lyf krom trek.

    Of ouderdom? Dit is moeilik om te skat hoeveel somers hy al gesien het,

    Iemand roep uit: Bloues, ons het jou gemis, waar was jy die afgelope drie weke?

    Besig.

    Pan Pantoffel wil met sy four by four teen jou klipkoppies kom uitry. Hy sê die ding kan. Hy het glo net verlede week die vinger in die Namib bestyg.

    Se ghwar. Daai rots het jare terug al omgeval. Kort en bondig.

    "Seg

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1