Explore 1.5M+ audiobooks & ebooks free for days

From $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Totdat die vet vrou sing... alternatiewe operagids
Totdat die vet vrou sing... alternatiewe operagids
Totdat die vet vrou sing... alternatiewe operagids
Ebook108 pages1 hour

Totdat die vet vrou sing... alternatiewe operagids

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

'n Liefdesverhaal van 'n vrou wat eers laat in haar lewe die regte een ontmoet, want ja, die boek het 'n gelukkige einde, glo dit as jy kan.

My stoutste boek van alle tye, geinspireer deur die stories van die beroemde operas. So as jy nie van stout en suggestief hou nie, moenie lees nie. Operagids is die storie van 'n Vrou wat graag soos ons eie Mimi daar anderkant in Wene wou gaan sing, maar dit het nie gemaak het nie. Nou leef sy elke dag asof dit 'n storie van die operas is… Of so iets.

Leonore wil graag trou voor haar vyftigste verjaarsdag. Maar mans is skaars. Sy het haar oog op iemand, maar helaas. Hy is getroud. 

Ek het groot pret gehad terwyl ek die boek geskryf het!

LanguageAfrikaans
PublisherADELE REYNDERS
Release dateNov 11, 2025
ISBN9798232505011
Totdat die vet vrou sing... alternatiewe operagids

Read more from Adele Reynders

Related authors

Related to Totdat die vet vrou sing... alternatiewe operagids

Related categories

Reviews for Totdat die vet vrou sing... alternatiewe operagids

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Totdat die vet vrou sing... alternatiewe operagids - ADELE REYNDERS

    Inhoudsopgawe

    Totdat die vet vrou sing ... | 'n Alternatiewe Operagids deur Adele Reynders

    Totdat die vet vrou sing ...

    'n Alternatiewe Operagids deur Adele Reynders

    ––––––––

    Vooraf  / Overture

    Leonore, die sopraan en beroemde operasangeres het eendag, taamlik lank gelede naby 'n varkplaas met 'n vrou gestaan en gesels. Dit was koud en die vrou se neus was nat en rooi. Terwyl sy en Leonore staan en praat het, het 'n vlieg by die vrou se neus ingeglip... 

    Leonore het versteend gewag vir die niesbui, die gesnork en geblaas. Die ondraaglike gekriewel en 'n hand wat keer en klap. Dit is bitter moeilik om te konsentreer op dit wat iemand vir jou sê as jy elke oomblik verwag dat daar 'n vlieg by die spreker se neusgat, mond of traankliere gaan uitkruip.

    Tot vandag toe kan Leonore nie onthou waaroor sy en die vrou gepraat het nie, want...

    Sy het die vlieg nêrens sien uitkom het nie. 

    Dit het 'n duisend en sewe vrae ontketen:

    Hoekom het die fyn haartjies wat gekoppel is aan die ingewikkelde senuwee-netwerk van 'n delikate stuk apparaat soos die neus, die vrou nie teen die vreemde indringer gewaarsku nie?

    Wat het van die vlieg geword? Is dit iewers in die vrou se brein? Dalk in die neus- of oorkanaal? Of iewers in die vertakkings van die longe, nadat dit ingeasem is? Kon dit die pad gevind het spysverterings-stelsel toe en haar liggaam langs die normale roete verlaat het? Of het die vrou intussen aan die een of ander onverklaarbare siekte gesterf? En indien een of ander briljante mediese navorser van die vlieginsident geweet het, sou dit dalk 'n katastrofale pandemie kon keer, waarvan planeet Terra nog nie weet nie? 'n Epidemie, veroorsaak deur 'n onbekende virus of bakterie, waarvan die oorsprong in die mikrokosmos van die vlieg se ingewande opgesluit was. Hoe kwesbaar is die mens se liggaam nie op sy pad na verganklikheid nie...

    Filosoof wat Leonore is, het sy ook vir maande aaneen gespook om te probeer uitwerk wat die sin daarvan was. Was die vlieg oppad om te gaan werk aan die voortbestaan van sy spesie? Of het hy 'n kortpad na sy dood gevind? As dit die geval is, wat was die betekenis van sy kortstondige lewe?

    Wat ook al van daardie spesifieke individu van die spesie geword het, Leonore het nooit weer met dieselfde oë na vlieë of die lewe gekyk nie. Hoe kortstondig is lewe op aarde nie? Hoe min tyd het die mens nie om jou talente ten volle te ontwikkel nie? Talente soos Leonore se merkwaardige opera stem.

    Want net soos wat die lewe van 'n vlieg kortstondig is, so kortstondig is die lewensduur van die opera en enige ander passie in die mens se lewe.

    En nou kort voor haar een en vyftigste verjaarsdag besef Leonore dat passie nie die enigste bestandeel in 'n huweliks-koek is nie. 'n Koek wat sy nog nie kon bak nie, weens 'n tekort aan iets uiters noodsaaklik.

    'n Bruidegom.

    Haar tyd raak min om 'n man te vang.

    Haar uurglas raak leeg.

    Die klok stap aan.

    Dinastieë verdwyn onder rots, sand en see.

    Die son skuif aan.

    Blare verkleur in die herfs.

    En die raafswart hare op haar kop is te wyte aan 'n bottel en 'n buis.

    Daarom ... al moet sy soos die vlieg iewers by iemand se neusgat inkruip, sál Leonore 'n wettige man aan haar vasgehuud hê voordat die klok se laaste uur van haar een en vyftigste jaar slaan. Of ten minste een wat 'n ring oor die goedversorgde kneukels van die tweede vinger van haar linkerhand gaan skuif, met die belofte van 'n toekoms saam.

    Dis haar doelwit in die lewe, al moet sy moor, roof of iemand anders se man steel om dit reg te kry...

    Hoofstuk 1

    Die huwelik van Figaro – Komponis: Verdi

    Vier en twintig Desember, Kersparty aan die hof van die Hertog van Mantua. Die kantoor van die bankbestuurder waarin die overture van die liefde tussen Leonore en die Hertog van Mantua gedurende die afgelope sewe operaseisoene gestalte gevind het.

    Vir sewe jaar werk sy vir die bank by hierdie spesifieke tak. 

    Vir so lank as wat sy vir hierdie bank by hierdie tak werk, was Bernard besig om opgang te maak, totdat hy uiteindelik die pos van bankbestuurder gekry het. Sy het hom bygestaan en gehelp om sy loopbaan te vorm en te beitel uit die harde marmer van kompetisie en teenspoed. 

    En... dit het haar die beste deel van hierdie sewe lang jare geneem om hom geïnteresseerd genoeg te kry in haar wat Leonore is. Sewe jaar voordat hy 'n paar maande gelede in een van hulle passievolle oortydwerksessies aan haar gefluister het dat hy háár liefhet en dat dit verby is tussen hom en die alt saam met wie hy steeds 'n huis deel, maar met wie hy al vir 'n baie lang tyd geen duette sing nie. Hy gaan sy vrou los...

    Haar lewe uiteindelik op pad na 'n klimaks!

    Toe die anti-klimaks. Sy het verwag dat hy haar gaan vra om met hom te trou, maar hy het haastig klere reggetrek en aanstaltes gemaak om by die huis te kom. 

    Om een of ander rede glo Bernard dat daar baie tyd is, en dat Leonore niks anders het om te doen as om vir hom te wag nie. Hy is immers 'n gesogte vangs, glo hy.

    Hy sal hom wat verbeel!

    Sy arrogansie maak Leonore roekeloos op Oukersaand. Bernard, bankbestuurder, moet tot ander insigte gebring word. Daarom, in plaas daarvan om vir hóm frikkadelle en ys aan te dra, verskuif sy haar attensies na Rigoletto, die assistent bankbestuurder en ’boggelrug hofnar’ of vaal bank-klerk.

    Rigoletto druk sy ronde brilletjie verbaas op sy neus. Dis sleg as 'n man nie kan sien nie. Nog slegter as hy nie glo wát hy sien nie. Sy oë word groter en ronder as die glase. Hy vergeet van die been in die hoendervlerkie en Leonore hoor hoe sy tande daarop knars. Óf hy spoeg uit, óf hy sterf voortydig, besef Leonore en koes betyds. Die man weier om toe te laat dat die gordyn vanaand oor sy lewe sak. Daar stort die romantiese oomblik tussen hulle in duie as die hoenderbeentjie haar net bokant haar hart tref.

    Ek vra om verskoning, stik hy in 'n desperate poging om die romantiese oomblik weer terug te bring.

    Als reg. Leonore beweeg weg. Stap is nie iets wat Leonore gewoonlik doen nie. Stap is rukkerig en ongrasieus. Wat Leonore gewoonlik doen is eerder iets soos sweef, as jy in ag neem dat haar kaftan soos 'n wolk agter haar staan. 

    Aangesien niemand nog vir haar 'n glas rooiwyn geskink het nie, doen sy dit nou self en gaan staan so dat sy vir bankbestuurder Bernard kan dophou. 

    Die man is soos gewoonlik die hart en siel van die partytjie, selfvoldaan dat hy haar wat Leonore is, later huis toe gaan neem. Sy is mos nagereg, poeding, die pepermentlikeurtjie na die tyd, dink sy met toenemende frustrasie. Maar sy wil dit nie meer wees nie. Sy wil mevrou Bankbestuurder met die M-styl koets word.

    Leonore sluk die helfte van die rooiwyn met een teug weg en maak die glas weer haastig vol, voordat iemand dit raaksien. Sy verpes mense wat hulleself soos haar oorlede ma aan alkoholiese vergrype oorgee. Maar nou moet sy haar krag uit hierdie bron put.

    Vanaand sal sy vir Bernard wys dat daar ander ridders ook wag om die duet van liefde met haar te sing. Sy kyk weer rond na ander beskikbares en besluit op Figaro, die Barbier van Sevilla, nou in diens van die graaf van Almaviva.

    Figaro wat onlangs by hierdie tak van die bank begin werk het by die navrae toonbank. Navraeman is bloot 'n figurant. Lid van die uitgebreide koor. Daar hoef

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1