Weg!

Dullstroom bly gul

Dis ’n helder Saterdagoggend in die laatsomer. Vanaf ’n tafel by die Baker Boys Coffee Café kyk ek uit oor die dorpsmeent. ’n Groepie mense is aan’ t draf, al óm die meent. En jy kan sommer sien dis nie naweekdrawwers nie – daarvoor is hulle gans te lenig en fiks. In die tyd wat ek ’n croissant met gerookte salm en roereier geëet het, het hulle al sowat tien rondtes voltooi – en dis maar net die opwarming.

“Ek kom al sedert die Europese winter van 2017 elke jaar hierheen,” vertel Robert Farken, ’n lid van die Duitse nasionale atletiekspan my in die verbygaan. “Ek is ’n 1 500 m-atleet.”

En, goeie hemel, dié man hol! Toe ek hom later Google, vind ek uit dat sy bynaam “Farken Fast” is…

Op sowat 2 100 m bo seevlak is Dullstroom ’n wêreldberoemde oefenplek vir atlete wat die voordele van sulke hoogtes wil benut. Robert laat waai weer en ek kry ook koers – ek het immers my oog op ’n horlosie…

Reis terug in tyd

Die soort horlosie waarna ek wil kyk, het egter nog nie eens die digitale era bereik nie. In The Clock Shop heers ’n aardige atmosfeer met honderde tikkende horlosies. Die mure is oortrek met elke soort waaraan jy kan dink – van kleurvolle byderwetse ontwerpe tot statige staanhorlosies. Elke nou en dan slaan een van die klokke. Die swaaiende pendulums is skoon hipnotiserend.

“!” ruk ’n koekoekhorlosie my terug uit my beswyming. Gits, ek moet al weer draf – Mike Whelan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe
Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg11 min read
Na Die Land Van Die Boesmans
KAROOPOORT TOT LEEUFONTEIN: 390 KMBURCHELL: 58 REISDAE WILLEM: 4 REISDAE Op 25 Februarie 2024 staan ek op dieselfde stukkie Karoogrond waar William Burchell op 9 September 1811 was. Ek kyk soos wat hy gekyk het en sien die landskap wat hy gesien het.

Related