ALLES het so onverwags en vinnig gebeur. Daarom is die onderneming se naam The Accidental Baker. Mense kom van die hele distrik om oor naweke hier by ons te kom brood koop.
Dis nadat ek en my man ons droom kon bewaarheid om ’n klein organiese plaas te bekom op Calitzdorp met die naam Lenies Hof. Einde 2016. Mei 2017 het ons ingetrek. Aan die einde van daardie jaar kon ek nie meer die plaaslike brood verduur nie.
Ek sê vir Steve, my man, ek kan nie die vierkantige fabriekbrood in die sakkies meer eet nie. Ek spoeg dit uit. As ek ordentlike brood wil eet, moet ek Oudtshoorn