Kuier

DANKBAAR VIR HUL KLEIN ‘SEUNING’

'39;Hartverskeurende mis-kraam op 18 weke en toe weer ’n verpletterende verlies byna twee jaar later, het die aktrise Kim Syster (35) soos ’n halwe vrou laat voel – onvoldoende, magteloos…

Maar haar besluit om openhartig oor haar pyn te begin praat, het gehelp dat sy en manlief, Chris Lategan (36), weer die skerwe aanmekaar kon las. Vandag weet dié Arendsvlei-ster dit was die pad wat hulle móés loop, soos die Here dit uitgelê het. En daar is berusting.

Tussen die trauma deur het die gebede deurentyd boontoe geskiet en die paartjie, wat in 2014 getrou het, het bly vasklou aan elke greintjie hoop – dalk sou hulle tog eendag die voorreg kon beleef om ouers te word.

En kyk net hoe werk die Here! Sien ’n mens haar vandag met haar seunskind op die arm, sluk jy swaar aan die knop in jou keel. Kim koer liefdevol oor haar bondeltjie – wat net drie maande oud is met Kuier se fotosessie – en dis ’n absolute en vreugdevolle pragprentjie om te aanskou.

“Sy naam is Nikolas. Dit beteken ‘victory of the people’. Hy is vernoem na my oupa en my uncle (my ma se pa en broer). He signifies hope.”

Haar ma, Yvonne (59), is ook vandag hier om handjie by te sit met klein Nikolas. Sy bewonder die natuurlike ouers wat Chris en Kim binne ’n oogwink geword het. “Dis amper of hulle altyd geweet het wat om te doen. Naturals,” sê Yvonne.

Sy het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier2 min read
Die A-z Van K-beauty
Koreaanse skoonheidsorg, oftewel K-beauty, is al ‘n ruk lank die in-ding onder skoonheidskenners. Die klem is op moisturising, bestanddele wat sagkens op die vel werk, en ‘n natuurlike gloed van binne. Jy het dalk reeds produkte wat as Koreaanse skoo
Kuier2 min read
Boodskappe
“My ma het my geleer van menswees”, 9 Mei Ek het Jill (Levenberg) en haar ma op die Koortjies-program gesien en toe die fantastiese band tussen ma en dogter gesien, en hoe hulle ‘n mens lekker kan laat lag. Antie Carol het in daardie oomblik diep in
Kuier1 min read
11 April 2024 Se Oplossings
VRAAG: Wie vertolk die rol van Penelope in Bridgerton? WENNER: STER-BLOKRAAI NR. 231 Ilse Swart, Melkbosstrand Dwars: 1. Kallus; 7. Boeke; 12. Ria; 13. Auk; 14. Onwel; 15. Irak; 16. Rigters; 17. Sensus; 21. Semi; 22. Meen; 25. Vlae; 27. Ore; 29. Invo

Related