Kuier

Kim BLY MOEDIG

Wanneer die aktrise Kim Syster (34) by ’n vertrek instap, let jy eerste haar glimlag op,want dit helder sommer die hele vertrek op. Dit spreek van tevredenheid en geluk, maar dis wanneer jy in haar oë kyk dat jy die seer sien wat agter die blink glimlag skuil.

Kim se seer spruit uit die hartseer ervaring van iemand wat moes leer hoe dit voel om uit te sien na moederskap, maar hoe dit dan wreed van jou weggeruk word. En nie net een keer nie, maar twéé keer.

Kim het twee miskrame gehad die laaste paar jaar. Om ’n kind te verloor, is een van die moeilikste goed wat ’n mens kan oorkom. Dit is ’n onbeskryflike seer met ’n onbepaalde routydperk en dis waar Kim nou is. Sy gaan aan met haar lewe, maar is in ’n routydperkwat sy nie weet hoe lank dit gaan aanhou nie…

Swangerskap is ’n spanningsvolle tydperk vir baie vroue en soveel meer só wanneer daar komplikasies intree. In 2020 het Kim op sosiale media aangekondig dat sy en haar man, Chris Lategan, in 2019 hul eerste kind verloor het op 18 weke. Enige verwagtende ouer se grootste vrees. Terwyl Kim egter in die media gesels het oor haar eerste miskraam, was sy weer swanger. Sy het haar tweede baba op 22 weke (sowat vyf en ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Kuier
REDAKTEUR Lara Atson KUNSREDAKTEUR Selina Petersen ARTIKELREDAKTEUR Edna Ellman SUBREDAKTEUR Michelle Linnert Jansen TV-SKEDULES Kashief Achmat INTERN Mary Martin MEDEWERKERS Zaida Swart, Haidee Muller-Isaacs, Maretha Botes, Enrico Claassen, Chrislyn
Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Wat's PMDD en PMS? Dok, ek het nog altyd met vreeslike mood swings rondom my period gesukkel, en by tye voel dit selfs soos depressie. Ek het onlangs gelees daar is iets soos premenstrual dysphoric disorder (PMDD). Wat is dit, en hoe verskil dit van
Kuier1 min read
Arendsvlei Toets Jou Kennis
1 In watter jaar het die sepie sy debuut gemaak? 2 Janice is nou die eienaar van Mortlocks, maar aan wie het dit eers behoort? 3 Wie is die pa van Wendy se dogter, Debra? 4 Watter Galant woeker ook agter die skerms as regisseur? 5 Watter veteraanaktr

Related