SY HANDE gly moeiteloos oor die klawers terwyl die klavier se klanke die vertrek vul. Op sy skoot sit ’n babaseuntjie wat probeer saamspeel. Hy beur vorentoe om ook musiek te probeer maak, en lê dan terug teen sy pa se bors.
Iets wat lyk soos ’n gevoel van behaaglikheid spoel oor sy gesiggie. Daar is geen beter plek om te wees as by Pa wanneer hy so musiek maak nie.
Maar dis nogal iets om die sagte aanslag van die man voor die klawers te probeer versoen met die prentjie van die energieke bondel adrenalien wat so begeesterd saam met die ander lede van Spoegwolf op die verhoog beweeg.
Trouens, hier in sy binnekamer lyk die hoofsanger van die rockgroep vandag heel anders as wat ons hom ken. Rustig. Tevrede.
“Dit voel of ek die