‘Ek is Afrikaans’
“Ek is Afrikaans.”
As ’n Van der Merwe of Van Wyk dit sou sê, sou niemand opkyk nie. Maar dit kom as ’n verrassing uit die mond van Refentse Morake. Tydens die onlangse Woordfees (sy derde) op Stellenbosch ontmoet ek hom by ’n koffieplek. Rastalokke kruip onder ’n astrante wit hoedjie uit, hy dra ’n helderkleurige hemp by ’n vuilpienk kleefdenim, wit tekkies en ’n sonbril.
Refentse gooi ’n groot wit glimlag en sê hy droom en dink in Afrikaans.
Sy ma, Maditlare, is ’n Zoeloe, ’n produksiebestuurder by ’n myn. (Hy verwys trots na haar as ’n sterk vrou, ’n “myner”.) Pa Pule, ’n Tswana, is ’n onderwyser. “Hulle het my as klein seuntjie al na die musiek van Laurika Rauch, Koos Doep en Anton Goosen laat luister sodat ek kon leer om Afrikaans goed te praat.” Sewentig persent van sy liedjies skryf hy self, in Afrikaans, vertel hy. Weer daardie mooi glimlag.
Refentse is jammer hy het so min tyd by die fees, maar sy program is vol. Hy is die vorige aand staande toegejuig, maar het nie ’n toegif gegee nie. “’n Heer weet altyd wanneer om
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days