AS MUSIEK BEGIN SPEEL
KAREN ZOID wag my by die voordeur van hul ruim Kaapse woonstel in. Vroegoggend was sy al in haar gereelde boksklas by ’n gim om die hoek. Daarna het sy haar seun skool toe gevat, en nou staan sy hier in haar trademark -swart broek en ’n swart-en-wit top, die ene vriendelikheid.
Sy’t in Augustus 41 geword, ’n nuwe album is kort voor haar verjaardag uitgereik en intussen is hul groot en moderne ateljee, die Mothership Studios, in Philadelphia (sowat 30 km van die huis af ) voltooi. In die winter is ’n tweede reeks suksesvolle musieksessies daar aangebied, met onder andere Zolani, Kahn Morbee, Joe Black en Spoegwolf, sessies waarvoor Karen gasvrou speel wanneer sy nie optree nie.
ONS SIT by die eetkamertafel met ’n byna meter hoë kleibeeld van ’n engel. In die hoek staan drie akoestiese kitare uitgestal. ’n Boekrak en ’n massiewe televisie voor ’n groot rusbank neem die res van die vertrek in beslag. Teen die kantste muur is ’n skildery van Karen se vriendin Michèle Nigrini en in die ruim portaal ’n traporrel en regop klavier.
Dis lekker en sleg om forty te wees, sê Karen. “Die bad news is die tyd raak min, maar dis eintlik ook goeie nuus, want jy soort van streamline.
“Miskien is dit omdat ek as ’n teenager drugs gevat het en wou uit-check dat ek nou vir elke dekade beplan. In my twintigs het ek geweet ek gaan moet werk, my naam maak. In my dertigs het dit gegaan oor diversifikasie en nou in my forties wil ek .
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days