Weg! Ry & Sleep

Stil en rustig

Die kusstrook van Durban tot by die Oos-Kaapse grens strek oor ’n raps meer as 150 km, met kampplekke wat omtrent ingeryg lê soos sardientjies.

Oor die jare het ons al by byna 20 van hulle ingeloer. Een van hulle was Prairiepark in Anerley, wat intussen van eienaars verwissel het en nou bekend staan as Anerley Garden Park. Hier kamp jy op ’n hoogte in ’n tropiese tuin en die Blouvlagstrand Southport is net vyf minute se ry weg. Skaars 5 km verder is Lalanathi waar jy jou kamp ’n skamele 100 m van die strand af opslaan. Dit moet een van die stilste strande teen die kus wees.

Kom skakel af.

ANERLEY GARDEN PARK

Op die koppie

Anerley Garden Park het twee ingangshekke. As jy die eerste keer hier opdaag, gaan jy by die eerste een in wat ’n steil bult tussendeur huise volg tot jy die oord se elektriese hek regs kry. Die kantoor volg direk ná die hek – ook regs. As jy later weer rondry, gebruik jy die tweede hek. Dis nader aan die staanplekke én die pad strand toe.

Van die eerste hek af kry jy ’n goeie prentjie van hoe alles in die oord in mekaar steek. Jy sien die paadjie en die huise wat jou oog lei tot by die swembad 180 m van die kantoor af, regs van jou. Dit is eintlik ’n kleiner en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars
Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets

Related