Kuier

'ONS KINDJIE SE LEWE WREED KORTGEKNIP'

WARE LEWENSDRAMA

Toe daar in haar Sondagskoolklas gevra word wie eendag hemel toe wil gaan, het die brawe vyfjarige Chevante Jaylen Alcaster trots haar armpie Thoog in die lug opgesteek.

Dit was asof God sy lieflingdogtertjie voorberei het om haar laaste dag op aarde – Sondag 22 Oktober – in Sy teenwoordigheid te kon deurbring.

Die aand voor haar tragiese dood het die kleine Chevante van Uitbreiding 12 in Atlantis haar eie klere vir die kerk uitgekies en sy was so opgewonde om in die huis van die Here te wees.

Die volgende oggend, gewapen met haar geliefde Bybel, is sy en haar ouma, Charlene Plaatjies (53), kerk toe, soos hulle elke Sondag getrou gedoen het.

Daardie oggend het Chevante se Sondagskoolonderwyser vir hulle vertelgeen twyfel by dié borrelende dogtertjie dat sy eendag op die goue strate wil stap nie, en selfs haar gunstelinglied is daardie oggend in die kerk gesing.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Wat's PMDD en PMS? Dok, ek het nog altyd met vreeslike mood swings rondom my period gesukkel, en by tye voel dit selfs soos depressie. Ek het onlangs gelees daar is iets soos premenstrual dysphoric disorder (PMDD). Wat is dit, en hoe verskil dit van
Kuier5 min read
Craig IS KOERSVAS
Dit het soul-searching en ’n sabbatical gekos om die gevoel van overwhelmed wees af te skud, maar nou het een van die land se talentvolste sangerliedjieskrywers, Craig Lucas, sy groove back. Hy praat met Kuier oor sy jongste projekte vanuit sy huis i
Kuier2 min read
Maak Só Opsommings
’n Opsomming is ’n kort weergawe van die belangrikste inligting uit ’n lang teks. Jy gebruik dit veral wanneer jy moet leer vir ’n vak wat baie inhoud bevat en jy net spesifieke feite wil onthou (funksionele opsomming). Op skool word daar ook van jou

Related