Huisgenoot

DIE KINDERS VAN GASA

‘HULLE HET MY KINDWEES EN DROME UITGEWIS’

DIE afgryslike tonele tref jou soos ’n voorhamerhou en breek jou hart. Want dis weerlose kinders wat so voor jou oë ly.

In die onbeskryflike hel genaamd Gasa dra ’n reddingswerker ’n beseerde seuntjie uit die puin van sy ouerhuis, sy gesiggie met grys sementstof bedek.

Elders vlug ’n verslae ma ná ’n lugaanval uit haar huis met haar beangste seuntjie op haar heup. Agter haar volg nog ontheemde vroue met kinders op sleeptou… en ’n boetie wat moedig met sy jonger sussie in sy arms voortstrompel.

Nog ’n foto wys ’n tienermeisie met traanstrepe oor haar roetbesmeerde wange met twee angsbevange kleuters wat aan haar vasklou.

Op ander foto’s strompel kinders in die puin rond met die dinge wat vir hulle kosbaar is: ’n speelding, ’n troeteldier…

Dis die soveelste dag van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related