Weg! Ry & Sleep

Pure plaas op Bonnievale!

Iewers in ’n mens se kamplewe moet jy op ’n plaas kamp. ’n Plaas waar geboer word terwyl jy agteroor sit en sien waar die vars goed op ons winkelrakke vandaan kom.

By die Melkhout- en Leopard Trailgasteplaas buite Bonnievale kan jy presies dít doen. By Melkhout kamp jy tussen ’n klomp jerseykoeie langs die Breërivier met jou eie badkamergeriewe, en Leopard Trail aan die voet van die Langeberg is deel van die plaas Sitruspoort waar jy wingerd en vrugteboorde langs die pad sien. Hier is geen krag nie; ’n donkie sorg vir warm water.

Bonnievale is bekend vir sy kaas en wyn, maar jy kan die dorp nie sonder sy verlede ervaar nie. ’n Eeu gelede het hier ’n merkwaardige gebeurtenis afgespeel. Gaan slaan dus eers kamp op langs die rivier of in die berg, en ruim dan tyd in vir ’n uitstappie dorp toe.

’n Rukkie gelede het ons by die Goudmyn-kampplek afgesaal, maar dié is 17 km anderkant Bonnievale, weg van Melkhout en Leopard Trail af. Goudmyn lê ook teen die Breërivier waarlangs ’n keerwal gebou is sodat die water opdam. Van hier af loop ’n waterkanaal tot anderkant Bonnievale. Soos jy verby Goudmyn ry op die R314, bly die kanaal regs van jou met die rivier net ’n entjie verder.

Bonnievale het veel te danke aan hierdie kanaal. Dit is meer as ’n eeu gelede gebou, iets waaraan Christopher Forrest Rigg, die dorp se stigter, ’n groot aandeel gehad het. Op daardie tydstip was dit glo die grootste besproeiingskema in private besit in die land.

Ons is op pad na Rigg se huis op die dorp wat as die Riggtonhuis bekend staan. Draai links in Forreststraat soos jy die dorp binnery en hou 600 m verder jou oë oop waar Waterkantstraat regs afdraai. Hier ry ’n mens oor die kanaal, wat nou aan die ander kant van die grootpad loop. Hou 300 m reguitaan en draai regs in Myrtle Rigg-laan (genoem na Rigg se jong

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep1 min read
Ysteratlete Sorg Vir Kinders
Die Ironman-uitdaging in samewerking met Isuzu Suid-Afrika het vanjaar R158 000 ingesamel vir hulle liefdadigheidsorganisasies, die Isuzu-stigting en Ironman 4 the Kidz. Vir hierdie uitdaging moet deelnemers 3,8 km swem, 180 km fietsry en ’n volle ma
Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars

Related