SY WAS die hele nag onrustig. En toe haar seun teen die Saterdagoggend tweeuur nog nie op haar teksboodskappe reageer nie, het die vrees Charlotte Seaborne begin beetpak.
Om 04:17 het sy Celvin (21) tot haar groot verligting telefonies in die hande gekry. “Mamma, ons is nou op pad. Lief vir Ma. Sien Ma nou,” het hy haar gerusgestel.
Van die lawaai op die agtergrond het sy niks gedink nie.
“Maar om halfvyf, toe voel ek benoud,” vertel Charlotte in haar huis in Pretoria. “Ek dog toe by myself: Dalk gaan hier iets aan. Dalk moet ek in my kar klim en ry, want dis nie ver van ons af nie.”
Skaars ’n halfuur later lui haar foon weer en sy hoor hoe ’n