ONBESKRYFLIKE GENADE
Deur STEFAANS COETZEE
Lux Verbi, R205*
Voorin sy boek Onbeskryflike genade skryf Stefaans Coetzee hy wil net Stefaans wees, nie meer die bomplanter nie, en dat hy moeg is om oor die verlede te praat. “Die bomontploffings van 24 Desember 1996 kan nie die hoogtepunt van my bestaan wees nie. Ek wil net Stefaans wees. Man. Pa. Skrywer. Resensent. Enigiets buiten bomplanter.”
Maar dan skryf hy tog oor hoe dit gekom het