‘EK WAS vas aan die slaap toe val die kers op my bed.
Dit het eers my pienken-wit rok gevang, toe vir my en die bed. My ma het dit nie gehoor of gesien nie. Ek was in my eie kamer. Sy was langsaan saam met haar broers. Hulle het die kamer ingestorm toe hulle rook ruik.
My ma, Evelyn, gryp my toe van die bed af en my regterarm het letterlik agtergebly. Sy het met my na die Muelmed-hospitaal toe gejaag. Ek was drie maande in ’n koma. Drie jaar daarna het ek nog vir my lewe geveg.
Terwyl ek in die koma was, het nog vingers doodgegaan en afgeval tot net een duim oorgebly het. Ek was