SARIE

DRAMA, DRAMA ...EN ONS IS MAL DAAROOR!

“Maak nie saak hoeveel geld jy het nie, ons almal gebruik dieselfde cheap plastiekhangers om ons klere op te hang,” is een van die skerpsinnige waarnemings wat Janey (Jana Jooste) van Janey en Waney-faam op TikTok maak ná episode twee van Die Real Housewives van Pretoria.

En die weelde, plastiekhangers ten spyt, was een van die redes hoekom die land behoorlik aan die gons was oor die kykNET-werklikheidsreeks wat wentel om die lewens – en dramas – van ses welaf vroue in Pretoria. Diamantringe, ontwerperuitrustings en Ferrari’s is net so volop soos die geskinder, skewe kyke en katgevegte.

Lisa van Rooyen, nog ’n gewilde sosialemediapersoonlikheid wat video’s oor die reeks gemaak het, sê presies wat baie kykers dink wanneer die eerste “huisvrou”, Renske Lammerding, in die reeks voorgestel word: “Jy weet die tannie is ryk, want haar huis is basies ’n Carrol Boyes-advertensie.”

Mense het omtrent ewe veel oor Lisa () en Janey en Waney () se pittige kommentaar geklets as oor die program self. Sommige het nie eens die program gekyk sodat jy nie hoef nie.” Die reeks se laaste episode is in Januarie uitgesaai en ’n volgende seisoen is reeds op pad. Wat maak dat mense week na week inskakel om, soos aanhangers dit noem, en ander werklikheidsreekse te kyk? En hoekom swyg hulle daaroor, eerder as om dit in die openbaar te erken?

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE4 min read
Mila Guy ‘Ek Kies SA, Elke Dag’
Hoe voel jy oor jou 30’s? ’n Mens voel so bietjie weird daaroor. Ek meen jy weet jy gaan dertig word, maar jy dink nooit verder oor jou lewe ín die dertigs nie. Wat is 32? Wat moes ek al bereik het? Maar met jou dertigs voel jy ook jy kan “nee” sê. A
SARIE6 min read
BESTE MOOILYK geheime
AKTRISE EN STER VAN ALLES MALAN Wanneer die lewe handuit ruk, glo ek daarin om op klein maniere balans te handhaaf. As dit ’n besige tyd is wanneer gesondheid die laaste ding is wat prioriteit kry, probeer ek om ten minste by een goeie gewoonte in di
SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer

Related