SARIE

DRAMA, DRAMA ...EN ONS IS MAL DAAROOR!

“Maak nie saak hoeveel geld jy het nie, ons almal gebruik dieselfde cheap plastiekhangers om ons klere op te hang,” is een van die skerpsinnige waarnemings wat Janey (Jana Jooste) van Janey en Waney-faam op TikTok maak ná episode twee van Die Real Housewives van Pretoria.

En die weelde, plastiekhangers ten spyt, was een van die redes hoekom die land behoorlik aan die gons was oor die kykNET-werklikheidsreeks wat wentel om die lewens – en dramas – van ses welaf vroue in Pretoria. Diamantringe, ontwerperuitrustings en Ferrari’s is net so volop soos die geskinder, skewe kyke en katgevegte.

Lisa van Rooyen, nog ’n gewilde sosialemediapersoonlikheid wat video’s oor die reeks gemaak het, sê presies wat baie kykers dink wanneer die eerste “huisvrou”, Renske Lammerding, in die reeks voorgestel word: “Jy weet die tannie is ryk, want haar huis is basies ’n Carrol Boyes-advertensie.”

Mense het omtrent ewe veel oor Lisa () en Janey en Waney () se pittige kommentaar geklets as oor die program self. Sommige het nie eens die program gekyk nie, sodat jy nie hoef nie.” Die reeks se laaste episode is in Januarie uitgesaai en ’n volgende seisoen is reeds op pad. Wat maak dat mense week na week inskakel om, soos aanhangers dit noem, en ander werklikheidsreekse te kyk? En hoekom swyg hulle daaroor, eerder as om dit in die openbaar te erken?

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE5 min read
Só Oulik! Opvreetbaar Skattig!
Die Barbie-fliek is deurweek met pienk en blinkertjies, besaai met linte, harte en polkakolle: ’n Heelal van skatlikheid. As jy die internet moet glo, is die oulikste ding in die fliek egter nie die gelyknamige heldin nie. Dis haar maat, Ken. Margot
SARIE8 min read
ODELLE DE WET Asem In... Asem Uit
Sy kan haarself soos ’n pretzel knoop. Lank en atleties doen sy dit boonop met swier, grasie – dit lyk maklik, man! Odelle de Wet het met joga en meditasie begin as ’n manier om daagliks “vrede te probeer vind”. En só ’n teenvoeter te kry vir toneels
SARIE7 min read
TERUG & TUIS IN SA
Dis lankal nie meer vreemd as iemand in jou vriendekring of selfs familie aankondig hulle gaan die land verlaat nie. Soms voel dit asof ’n mens daagliks op sosiale media sien hoe nog mense oppak of ’n nuusberig lees oor hoe die ekonomie seergemaak wo

Related